Categories: NewsPublished On: 29th June 2010

Kuilvoer en hooi: Valtrac gee jou vee ’n voorsprong

By 3 min read

Hoe lekker sou die veeboer se lewe gewees het as dit heeljaar somer was! Dink net, sappige, voedsame voer in oorvloed; spekvet, gesonde diere wat heeljaar deur volstoom produseer en reproduseer sonder die ewige kommer oor verlammende voerrekeninge.

Ongelukkig is die winter ’n werklikheid met sy maer maande. As jy genoeg water het, kan jy winterweidingsgewasse aanplant om die angel uit die winter te haal, maar vir die meeste veeboere is die antwoord om in die vet maande ’n goeie voorraad hooi en kuilvoer te maak.

Selfs in die vet maande kan kuilvoer veral die melkboer help om gesonde produksie en winsgewendheid te verseker, sê mnr Anton van Tonder van Bethal. Kuilvoer kan die boer se afhanklikheid van voermaatskappye beduidend verminder, sê hy, en verklaar dat voermaatskappye se voer dikwels die swakste is wat jy kan kry: “Hulle sit min mielies en baie semels, wat ’n afvalproduk is, in.”

Die van Tonders gebruik HPK 60 en hulle eie mielies om hulle eie suiwelmeel te maak en behaal ’n veel hoër melkproduksie as met ’n voermaatskappy se klaargemengde produk.

Hoe meer kuilvoer, hoe minder energiemeel hoef hulle te voer. ’n Mens kan natuurlik ook jou kuilvoer se proteïne-inhoud opstoot deur twee dele mielies en een deel soja saam in te kuil, sê Anton.

Kuilvoer word van ’n verskeidenheid gewasse gemaak, waarvan mielies die bobaas bly, met voersorghum ook ’n gewilde keuse.

Lusern is die belangrikste hooigewas, maar hooi word ook gemaak van verskillende graan-, gras- en peulplantsoorte.

Valtrac staan gereed met die regte toerusting om die voermaakseisoen vir die boer vol vreugde te prop, want Valtrac is die maatskappy wat die boer en sy behoeftes presies verstaan en elke keer presies die regte tegnologie-oplossing vind.

Valtrac se mense weet voermaak beteken dat die gewas presies op die regte groeistadium gesny moet word. Daarna moet hooi so gou as moontlik droog word en kuilvoer so gou as moontlik ingekuil word solank dit nog nat is.

Dit beteken dat albei hierdie aksies vinnig en flink afgehandel moet word of groot verliese is jou voorland. Daarvoor is betroubare, doeltreffende toerusting noodsaaklik en dis net hier waar Valtrac as die veeboer se voerbroer na vore tree.

Valtrac het ontstaan toe die eienaar, Wynn Dedwith, na die onttrekking van BM Volvo geen trekkers in Suid-Afrika kon vind wat presies aan sy vereistes voldoen het nie. Hy het ’n internasionale soektog op tou gesit en uiteindelik Valtra-trekkers vir sy boerdery ingevoer.

Gou-gou het ander boere begin raaksien hoe uitmuntend hierdie trekkers is en vir Wynn gevra om vir hulle ook Valtra-trekkers in te voer. Dit het Valtrac se tradisie gevestig: As daar plaaslik nie ’n honderd persent geskikte werktuig vir ’n sekere landboutaak beskikbaar is nie, soek Valtrac regoor die wêreld na die regte werktuig, voer dit in en bied ’n rotsvaste steundiens regoor die land, sodat die boer altyd sy werk maklik en deeglik kan doen.

So is dit ook met Valtrac se toerusting vir die maak van kuilvoer en hooi. Valtrac het die produk presies vir jou smaak, behoefte en boerderystelsel: grondvoorbereidingswerktuie, misstrooiers en flodderwaens, fynsaadplanters, mielieplanters, spuite, kuilvoerkerwers van klein tot groot, kuilvoerwaens, selfoptelkuilvoerwaens vir ander gewasse as mielies en voersorghum, snyers en kragharke.

En as jy besluit om boonop die beste trekker ook te gebruik, het Valtrac ’n Valtra presies vir jou.

Praat vandag met jou voerbroer, Hennie du Toit van Valtrac, by 056-817-7308, of e-pos hom by henniedut@valtrac.co.za. Gaan kyk ook by www.valtrac.co.za na die res van Valtrac se produkte.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0