Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Kuilvoer: Beplan nou; lag later

By 3 min read

Die beste versekering vir volgehoue veeproduksie in tye van droogte en teëspoed, is n goeie voorraad kuilvoer. Kuilvoer kan baie lank gebêre word vir maer jare, maar ook in normale produksiejare speel kuilvoer ’n sleutelrol om gesonde produksie en winsgewendheid te verseker.

So is dit ook met die Van Tonders se boerdery by Bethal, waar Leon en Corné van Tonder en hulle pa, Anton, elke jaar sowat 500 ton kuilvoer maak om hulle melkery winsgewend te hou.

Die Van Tonders boer ook met mielies, soja, vleisbeeste en skape, maar hulle kuilvoerproduksie is hoofsaaklik vir hulle melkbeeste.

Hulle voer hulle koeie kuilvoer en suiwelmeel, wat hulle met ’n ossewa aanry,krippe buite die melkstal. Hulle koop glad nie meer lusern nie en maak die verskil op deur ’n suiwelmeel met ’n bietjie hoër proteienwaarde te voer.

‘n Mens kan natuurlik ook jou kuilvoer se proteïeneinhoud opstoot deur twee dele mielies en een deel soja van PANNAR se PAN 1666R saam in te kuil, sê Anton.

Kuilvoer kan die boer se afhanklikheid van die voermaatskappye grootliks verminder, sê Anton, en verklaar dat voermaatskappye se voer dikwels die swakste is wat jy kan kry. “Hulle sit min mielies en baie semels, wat ’n afvalproduk is, in.”

Die Van Tonders gebruik HPK 60 en hulle eie mielies om hulle eie suiwelmeel te maak en behaal ’n veel hoër melkproduksie as met ’n voermaatskappy se klaargemengde produk.

En hoe meer kuilvoer, hoe minder energiemeel hoef hulle te voer. Dit strook met die Van Tonders se beleid om vir wins te boer en nie bloot vir ’n hoë melkproduksie nie.

Maar as jy kuilvoer wil maak, moet jy dit reg doen, waarsku Anton. Die eerste stap is om die regte kultivar te kies, want hoe beter die mielie en hoe hoër sy graanopbrengs, hoe beter en meer kuilvoer kry jy.

Dis net hier waar PANNAR vir die boer na vore tree met ’n volledige pakket kuilvoermieliebasters.

’n Spesiale kuilvoerbaster is PAN 7M-97, wat stadiger afdroog en ’n langer venstertydperk het waarin kuilvoer gemaak kan word. Dit het ’n hoë opbrengspotensiaal, uitmuntende blaarsiekteweerstand, ’n baie goeie staanvermoë en bly baie lank groen.

PAN 7M-97 word vir die oostelike gebiede en besproeiing aanbeveel en het ’n hoë verhouding koppe teenoor blare en stamme, wat voordelig is vir goeie kuilvoergehalte. Koppe 39%; Blare 15%;Stamme 47%.) Dit is een van drie kultivars wat Dr Mike Barrow vir midde-Afrika geteel het.

Die Van Tonders is ingenome met PANNAR se kuilvoerbasters omdat dit ’n bogemiddelde kuilvoeropbrengs lewer en omdat die langer natblytyd hulle bestuur drasties vergemaklik.

Boonop bied PANNAR die beste diens wat ’n mens van ’n saadmaatskappy kan verwag, sê Anton. “Hulle leef saam met die boer en wys jou nie bloot ’n pamflet met prentjies nie. Verder is die boeredae wat hulle gereeld in die omgewing aanbied vir die boer baie werd.”

Hierdie diens geld nie net vir PANNAR se kuilvoerbastersaad nie, maar ook vir die volledige mieliepakket, sonneblom-, soja-, droëbone-, graansorgum-,koring- en voergewassesaad.

Daar is ’n kundige en behulpsame PANNAR verteenwoordiger naby jou. Skakel PANNAR se hoofkantoor by 033-413-9500 of e-posinfoserve@pannar.co.za om uit te vind waar hy bereik kan word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0