Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Kuddeboere maak geld met Heathfield se funksionele Dorpers

By 2 min read

DieKuddeboere-maak-geld-met-Heathfield-se-funksionele-Dorpers/strong> van Heathfield Dorperstoet geen toegewings oor funksionaliteit maak nie.

’n Skaap kan hoe mooi en oulik wees, maar as hy of sy nie presteer nie, is dit reguit slagter toe.

Vir Mickey is dit veel belangriker om skape te teel wat vrugbaar is, wat op die veld kan lam, wat lammers goed kan grootmaak en wat gehard genoeg is om nie net in ekstensiewe toestande te oorleef nie, maar vinnig en gesond te groei om vir die kuddeboer meer bemarkbare vleis te lewer.

Hierdie teelbeleid is gegrond op die uitgesproke behoeftes van kuddeboere, want dis die kuddeboer wat moet kan geld maak met die skape wat stoettelers teel.

Dat Heathfield Dorperstoet op die regte pad is, word onderstreep deur gereelde deelname aan veldramvei­lings. Verlede jaar het Mickey tagtig Dorpers vir vyf verskillende veldramveilings op verskillende plekke ingeskryf en almal se indekssyfers was hoog genoeg om prul loshande vry te spring.

By Griekwastad alleen kon honderd ander ramme nie die paal haal nie, maar Heathfield se ramme het almal bo uitgekom.

Een van die redes waarom sommige boere se skape nie die veldramtoets slaag nie, is omdat hulle vir te min vet teel, glo Mickey. ’n Dorper is bedoel vir prestasie in ekstensiewe toestande en daarvoor is genoeg vet nodig om droogtes te oorleef en steeds te produseer.

Natter ooie (ooie met meer vet) raak makliker herbeset en lewer dus vir die boer meer lammers, en wanneer daar niks is om te vreet nie, teer hulle op hulle vet om hulleself en hulle lammers deur te help.

Tarkastad se wêreld is ’n goeie toets vir enige skaap. Die temperatuur wissel van witgesneeu tot snikheet.

Deur al hierdie uiterstes en beproewings heen presteer Heathfield se funksioneel geteelde Dorpers onverstoord voort – wat beteken dat daar nie ’n plek in ons land is waar hulle nie uitstekend kan aanpas en presteer nie.

Boonop is dit maklik om met Dorpers te boer. Hulle sorg vir hulleself en vereis min arbeid, hulle is gehard en weerstaan siektes en plae beter as die meeste skaaprasse, hulle produseer baie vleis en hulle wen ge­reeld die karkaskompetisies, wat naas die smaak van die tjoppie op die kole seker die belangrikste toets vir skaapvleisproduksie is.

Dis hierdie tipe geharde, produserende, presterende skaap wat op 13 Februarie by Heathfield se veiling aangebied word – skape spesiaal geteel vir die behoeftes van die kuddeboer wat die land aan die smul moet hou.

70 stoet- en kudderamme en 70 jong, dragtige stoet- en kudde-ooie word aangebied en die goeie nuus is dat ’n mens nie noodwendig jou ore van jou kop af hoef te betaal om genetika aan te koop waarmee jy werklik vooruit kan boer nie.

Vir meer inligting, skakel Mickey Phillips by 045-847-0300 of 082-498-2884.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment