Kubota:-Toptegnologie-vir-die-ernstige-boer
Elke druppel diesel wat nie vir die boer ’n resultaat lewer nie is moontlike wins wat in die lug verdamp. En elke kilowatt trekkerkrag wat nie benut word nie, is ’n vermorsing wat sy sak seermaak.
Daar is plekke en take wat reusagtige trekkers verg wat liters en liters diesel suip, glo oom Doep du Preez van Luckhoff, maar daar is ook talle gevalle waar ’n oorgroot trekker ’n blote blok aan die boer se been is.
Wanneer jou werklike behoefte ’n kleiner trekker is, is die goeie nuus dat Kubota, die wêreld se kleintrekkermarkleier, so tegnologies uitmuntend is as wat die grootste, duurste trekker kan wens om te wees.
Oom Doep het sy eerste Kubota-trekkers in 1981 en 1982 gekoop en sedertdien het Kubota nog net respek by hom afgedwing. En dit sê veel, want hy is nie net boer nie, maar ook ’n voltydse, ervare, gekwalifiseerde trekkerwerktuigkundige met ’n werkwinkel waarheen boere van heinde en ver stroom vir voortreflike diens.
In sy hele loopbaan het oom Doep nog net een keer ’n oopgemaakte Kubota-enjin gesien en volgens hom is die afwerking daarvan beter as dié van die duurste Duitse gesinsmotor.
As jy jou Kubota oppas, koop jy nie vir hom onderdele nie, sê oom Doep. Die belangrikste rede daarvoor is die feit dat Kubota self hulle trekkers maak: Tot die laaste moertjie en wastertjie kom uit Kubota se eie fabriek uit en voldoen aan Kubota se ontoegeeflike standaard.
Waar oom Doep met sy Kubota L2500 mielies en koring onder spilpuntbesproeiing kweek, is hy besig om die groottrekkerboere ’n punt of twee te wys. Met sy Kubota werk hy die helfte goedkoper, maar sy mielie-oes is sterk op pad na 16 ton per hektaar.
Sy resep werk so: Snipper (mulch) die mieliereste op die land; bewerk die land met ’n werktuig met vyf snyskottels wat ’n pad deur die reste sny sodat die mespuntskare met wolframpunte aan krulveertande die grond 300 mm diep kan bewerk. Werk die reste en bogrond liggies deurmekaar met ’n kapploeg sodat die wind nie die reste kan wegwaai nie; plant en skoffel.
Met hierdie resep en organiese bemesting bewerk jou grond elke jaar makliker, is jou oes elke jaar groter en gesonder en binne drie jaar het jy grondlewe en erdwurms. Boonop bespaar hy 40% water teenoor dit wat deur die spilpunte rondom hom toegedien word en sy bemesting loog nie uit nie.
Met ’n klein trekkertjie duur die werk ’n bietjie langer (en waar anders as op die land wil ’n boer graag wees?), maar die ekonomiese voordele vergoed dubbel en dwars daarvoor, sê oom Doep.
Sy vierwielaangedrewe Kubota L2500 van 20,1 kW trek ’n Kongskilde van 1,7 m teen 9 km/h. Dit beteken 1,4 hektaar per uur en daarvoor gebruik hy net 2,5 liter diesel.
Vir die swaarste skeurploeg- of kapploegwerk gebruik hy 3,3 liter diesel per uur.
Jy kan ook groot wins maak met ’n klein trekkertjie. Kubota het ’n trekker vir jou taak: vanaf die kordaat klein BX van 11,2 kW tot die kragtige 80,5 kW van die M108 met sy gevorderde deeltafelinspuiting en verkoelde-uitlaatgashersirkulasie, is elke Kubota die toppunt van gehalte en ingenieursvernuf.
Dit geld ook vir die wye reeks Kubota-nywerheidsenjins.
As jy in die Vrystaat of Noord-Kaap is, is H&H Kubota-handelaars se Hendrik Jonker by 082-830-5590 jou man om te kontak. Boere elders in die land kan 011-970-3200/5 skakel om te hoor waar die Kubota-handelaar naby aan jou is.
Nog stories:
Nampo: Kom kyk by Kubota! | |
![]() |
|
“Kom kyk by Kubota!” Dis wat die klinkwoord vanjaar by Nampo gaan wees, want Kubota stel vanjaar ’n paar opwindende nuwe trekkermodelle ten toon om die boer nog beter te dien. | |
Kom kyk self: Kubota bied vanjaar nog meer by Nampo | |
![]() |
|
Vanjaar beloof Kubota nog meer opwinding met die bekendstelling van drie nuwe modelle: die nuwe, groot M128X, die B26 TLB en die L5040. | |
Kubota se RTV900 speel sleutelrol in besige boerdery | |
![]() |
|
waar g’n bakkie kan droom om by te kom nie. Daarvoor sorg sy veldvriendelike veerstelsel, sy vierwielvastrap en sy grondvryhoogte van byna 211 mm. | |
Ontdek ’n skat: Kubota | |
![]() |
|
Spekboomberg Boerdery se Kubota M108S is ’n gedugte staatmaker met 81 kW enjinkrag, 72 kW kragaftakkerkrag, drukbuisinspuiting wat die meeste werk met die minste diesel verseker, 32 ratte vorentoe en 32 tru, hidrostatiese kragstuur en Kubota SA se onwrikbare steundiens aan die boer. | |
Gaan skou toe om ’n kar te koop; word ’n Kubota handelaar! | |
![]() |
|
Boere is ingenome met Kubota se produkte. Hulle trekkers is kompak en kan oral ingaan, maar hulle het ongelooflike krag, wat twyfelaars telkens verstom laat staan by boeredae, vertel Kobus. | |
Uitdaging: Wys my ’n ontevrede Kubota boer! | |
![]() |
|
So sekuurseker is Deon Engelke, produkbestuurder van Kubota SA, van sy saak dat hy enigiemand uitdaag om vir hom ’n ontevrede Kubotaboer in Suid-Afrika te bring. | |
Ontmoet Kubota, die “blerrie lekker trekker” | |
![]() |
|
“’n Blerrie lekker trekker!” Dis hoe Justin Cook, bekende waterponie- en veldfietsrenjaer, sy pa, Robbie, se Kubota B2410beskryf. En Justin behoort te weet, want in sy sport het hy deeglik geleer om uitstaande ingenieursvernuf te waardeer – en dit is Kubota terdeë. | |
Kubota se kleinboet doen groot werk vir die boer | |
![]() |
|
’n Kontant kalant is Kubota se BX 24 wat ’n verstommende hoeveelheid veelsydigheid, vasbyt en werklus in ’n klein lyfie prop. |