KragDag is hier!

kragdag 3
Solidariteit KragDag 2017, die wêreld se grootste Afrikaanse alternatiewe energie en selfstandigheid-ekspo, word vanaf 15 tot 17 Junie 2017 by die Diamantvallei Landgoed net buite Pretoria gehou.
KragDag bied díe geleentheid een keer ‘n jaar vir die bekendstelling van tegnologie, produkte en opvoedkundige inligting oor alternatiewe en volhoubare lewenstyloplossings. Spesiale klem word geplaas op die behoeftes wat spruit uit probleme van kragvoorsiening, wateropgaar en -gehalte, veiligheid, ekonomiese uitdagings en Suid-Afrika se onderwystoestand.
Die doel van die KragDag is om skeppende self- of onderlinge versorging moontlik te maak om die afhanklikheid van staatsondersteunde dienste en instansies uit te skakel. Daarom is hulle leuse “doen jou eie ding”.
Die ekspo is ‘n sake- en opvoedkundige geleentheid in ’n karnaval-atmosfeer vir die hele gesin.
Die eskpo open elke dag om 9 uur vir besoekers en die toegang is R70 of besoek www.kragdag.co.za om vir jou GRATIS toegangskaartjie te registreer.