Koring-–-oes-laer-aangepas
Die Oesskattingskomitee het op 25 Oktober die derde produksieskatting van wintergewasse bekend gemaak.
Die verwagte koring-oes is 1,842 miljoen ton, 3,21% minder as die vorige skatting van 1,903 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,05 t/ha is.
Die verwagte oes in die Wes-Kaap is 636 000 ton, wat 26 500 ton minder is as die vorige skatting. Die verwagte oes in die Vrystaat is 551 250 ton, wat 33 750 ton laer is as die vorige skatting, en in die Noord-Kaap is die verwagte oes 273 000 ton, wat dieselfde is as die vorige skatting.
Die afname in kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ongunstige weerstoestande in sommige provinsies.
Die oppervlakteskatting vir koring is onveranderd gelaat op 604 700 ha.
Ander gewasse
Die produksieskatting vir moutgars is 251 960 ton, wat 6,06% of 14 400 ton meer is as die vorige skatting van 237 560 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 80 150 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,14 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 57 340 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 43 510 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,32 t/ha.
Vanjaar se vierde produksieskatting vir wintergewasse sal op 24 November vrygestel sal word.