Categories: NewsPublished On: 26th October 2010

Koop ’n geskenk vir jou voete: Boere staan sterk in Lasón-skoene

By 2 min read

Tyd vir nonsens en geldmors het Suid-Afrika se boere nie. Daarom dring hulle aan op doeltreffendheid, duursaamheid en die allerbeste gehalte – of dit nou ’n stroper, ’n stoetram of ’n paar skoene of stewels is.

Oor die groen of die rooi van ’n trekker kan daar nog debat gevoer word, maar elkeen wat al ’n Lasón-skoen, -stewel of -plakkie aan sy voet (of haar voetjie) gehad het, stem opgewonde saam: Lasón is die boer se eerste keuse vir gemak, duursaamheid en goeie smaak.

Dit is ook geen wonder nie, want skoene is Lasón se eienaar, Charl Pieterse, se lewe. Lasón se reeks is fyn beplan en ontwerp om die verbruiker se behoeftes (en voete) presies te pas en ware vaklui maak elke skoen met die grootste sorg met die hand om daardie belangrike bate van die boer – sy voete – te troetel, te pamperlang en te beskerm.

Gaan kyk maar self by Lasón se fa-briek op Marble Hall in die Loskopvallei.

Synde ’n oud-onderwyser uit die goeie ou tyd, verstaan Charl die kuns om velle te looi baie goed. Daarom gebruik hy nie sommer enige klaargelooide velle vir sy skoene nie – hy koop halfgelooide velle en looi en kleur hulle dan perfek om perfekte skoene te maak.

Lasón-skoene is gemaak om in enige omstandighede te hou en om enige plek toe gedra te word – van die verskriklikste veldtoestande tot die deftigste dansparty. En ook geen wonder nie, want elke Lasón-skoen word sorgsaam met die hand gemaak om die allerbeste gehalte te verseker.

Wees goed vir jou voete. Bestel nou jou droomstewels of -skoene by Lasón. Daar is ’n paar perfek vir elke taak.

Vir meer inligting, praat met Marlene of Charl Pieterse by 013-261-1229, e-pos charl@lason.co.za of besoek www.lason.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0