Konferensie-vir-Vrystaatse-wildboere
Die vereniging vir wildboere, Wildlife Ranching SA, bied op 21 Mei ‘n konferensie by die Riverside Lodge in die Suid-Vrystaat aan. Die wildboer van die jaar vir 2009, dr Johan Kriek gaan gesels oor ekonomiese wildbestuur en bona fide boerdery met skaars wildspesies. Wildboere sal ook deur dr Hein Nel, hoofstaatsveearts: Wilduitvoer ingelig word oor kliniese siektetekens en die ontwikkeling van virusse wat na die mens oorgedra kan word.
Daar sal ook ‘n praatjie wees oor wildsiektes en -medikasie, deur dr Pierre Nel van die departement Omgewingsake van die Vrystaat en prof HO de Waal van die provinsiale departement van Landbou sal oor die impak van die roofdierbeleid praat.
Boere wat die geleentheid wil bywoon moet voor 9 Mei vir Maryke Agostini by die WRSA se kantoor laat weet. Skakel 012-335-6994 of stuur ‘n e-pos na office@wrsa.co.za. Verblyfreëlings kan getref word met Johan Adendorf by 079-262-3551 of besoek www.aliwalnorthaccommodation.com.