Kommersiële mielie-oesskatting 8,26% meer as vorige seisoen

corn-2655525_1920 (1)
Foto: Pixabay
Somergewasse – 2025
Kommersiële mielies: Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2 596 700 ha, wat 1,50% of 39 550 ha minder is as die 2 636 250 ha wat verlede seisoen aangeplant is, en 1,87% of 49 500 ha minder as die voorlopige oppervlakteskatting van 2 646 200 ha soos vrygestel in Januarie 2025.
Die verwagte kommersiële mielie-oes is 13 911 150 ton, wat 8,26% of 1 061 150 ton meer is as die 12 850 000 ton van die vorige seisoen (2024). Die opbrengs van mielies is 5,36 t/ha.
Die oppervlakte beplant syfers is hoofsaaklik verkry vanaf die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (PICES), soos deur die Nasionale Oesskattingskonsortium gerapporteer vir Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes provinsies.
Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die Konsortium vir die Mpumalanga provinsie, in April 2025 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2025. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.
Die oppervlak onder witmielies is 1 599 700 ha, wat ‘n toename van 2,89% of 44 950 ha verteenwoordig vergeleke met die 1 554 750 ha die vorige seisoen. Die produksieskatting van witmielies is 7 395 700 ton, wat 22,14% of 1 340 700 ton meer is as die 6 055 000 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van witmielies is 4,62 t/ha.
In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 997 000 ha, wat 7,81% of 84 500 ha minder is as die 1 081 500 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting van geelmielies is 6 515 450 ton, wat 4,11% of 279 550 ton minder is as die 6 795 000 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van geelmielies is 6,54 t/ha.
Ander somergewasse:
Sonneblomsaad: Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 555 700 ha, wat 5,05% of 26 700 ha meer is as die 529 000 ha aangeplant die vorige seisoen. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 720 050 ton, wat 13,93% of 88 050 ton meer is as die 632 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,30 t/ha.
Ander gewasse: Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 1 151 000 ha, wat ’n toename van 0,04% of 500 ha verteenwoordig vergeleke met die 1 150 500 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting is 2 325 225 ton, wat 25,82% of 477 225 ton meer is as die 1 848 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 2,02 t/ha.
Vir grondbone is die oppervlakteskatting 48 125 ha, wat 16,81% of 6 925 ha meer is as die 41 200 ha geplant vir die vorige seisoen. Die verwagte grondbone-oes is 65 359 ton – 25,69% of 13 359 ton meer as die 52 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,36 t/ha.
Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 4,04% of 1 700 ha, van 42 100 ha tot 40 400 ha teenoor die vorige seisoen. Die produksieskatting van sorghum is 129 620 ton – 32,27% of 31 620 ton meer as die 98 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 3,21 t/ha.
Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 45 420 ha, wat 14,84% of 5 870 ha meer is as die 39 550 ha geplant vir die vorige seisoen. Die produksieskatting is 75 966 ton, wat 50,44% of 25 471 ton meer is as die 50 495 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,67 t/ha.
Wintergewasse – 2024 produksie-seisoen
Koring: Die verwagte produksie vir koring is onveranderd gelaat op 1,925 milj. ton, met die verwagte opbrengs op 3,81 t/ha. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is onveranderd gelaat op 1,067 mij. ton (55%). In die Noord-Kaap is die verwagte produksie 296 400 ton (15%) – onveranderd van die vorige skatting. In die Vrystaat is die verwagte produksie onveranderd gelaat op 225 400 ton (12%). Die oppervlakteskatting vir koring is 505 300 ha, waarvan ’n geraamde 368 000 ha of 73 % in die Wes-Kaap geplant is, 49 000 ha of 10% in die Vrystaat en 38 000 ha of 8 % in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir gars is 374 000ton, wat 0,81% of 3 050 ton minder is as die vorge skatting van 377 050 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 100 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,71 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is 288 200 ton, wat 0,26% of 755 ton meer is as die vorige skatting van 287 445 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 165 750 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,74 t/ha.
Die verwagte oes vir hawer vir die 2024-seisoen is 42 800 ton en die oppervlakteskatting is 31 000 ha. Die verwagte opbrengs is 1,38 t/ha.
In die geval van soetlupine is die produksieskatting 19 200 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 16 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,20 t/ha.
Bron: Oesskattingskomitee