Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Kom-sê-weer-hallo-vir-Tata-by-Nampo

By 3 min read

Sien is glo en dis waarom Tata boere vanjaar baie vriendelik na hulle uitstalling by Nampo nooi.

Boere ken al Tata se geen-nonsens Telcoline-bakkies wat met hulle taaie betroubaarheid ’n sleutelrol in die donkiewerk op talle plase in Suid-Afrika speel. Maar by Nampo kan hulle kom kyk hoe Tata bakkiebesit ’n reuse stap verder voer met die Tata Xenon 2.2 Dicor in 4×4 en 4×2 dubbelkajuit beskikbaar – die waardige bakkie vir die baas van die plaas.

Kom kyk self – die Xenon is so sierlik dat jy kwalik kan ophou om na hom te kyk en so koesterend dat jy telkens langer in sy gerieflike kajuit wil vertoef.

Hy sit gemaklik, hy bestuur lekker, hy het elke geriefskenmerk wat jou hart begeer, hy is stylvol, veilig, troetelend vir die bestuurder sowel as sy passasiers.

Kom voel by Nampo hoe sit sy gerieflike voorste skottelsitplekke met doekbekleedsel en verstelbare laerugsteun. Kom voel self hoeveel beenruimte bied hy die agterste passasiers.

Sy verstelbare kragstuur, lugversorging, elektries beheerde vensters voor en agter, sy uitmuntende radio-/straalplaat-/
MP3-klankstelsel, sy bedagsame bêre- en wegsitplekkies, sy handige koeldrankblikhouers, is alles
spesiaal daarop afgestem om jou rit of reis met Tata ’n aangename ervaring te maak.

Daar is ook spesiale moeite gedoen om jou reis veilig te maak. Daarvoor sorg die Xenon se frommelsones, meegee-stuurkolom, kantbotsstawe, kinderveiligheidslotte aan die agterdeure, verstelbare sitplekgordels, ABS remme en A-gradering by die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging.

Maar al die troetelende geriefskenmerke beteken geensins dat die Xenon ’n ou sissietjie is nie. Nee, sy turbo-aangejaagde 2,2 liter diesel-enjin met drukbuisinspuiting is verrassend kragtig om jou 104 kW teen 4 000 opm en 320 Nm teen 1 700 tot 2 700 opm te bied.

En so elegant en stylvol as wat jy jou liefie met jou Xenon teater toe of jou gesin Sondag kerk toe kan vervoer, so nuttig en taai is hy vir die harde werk wat ’n boer van ’n bakkie verwag.

Met sy 4×4-aandrywing en lae- en hoëstrek klouter hy lag-lag oor die klippe tot daar bo-op die berg waar jy jou boerbokke wil gaan bekyk. Hy is ewe onstuitbaar deur sand, modder of slegte paaie.

Sy onderstel en veerstelsel is stewig genoeg om ’n volle vrag van die koöperasie af plaas toe aan te ry en die dubbelwande van die bak sorg dat goed wat rondrol nie knobbels buite op jou bakkie se lyf maak nie.

Die beste is natuurlik om die ses stewige ankerpunte in die bak te gebruik om jou vrag stewig vas te maak.

Met sy elegansie, werkverrigting, gerief, maar ook met sy krag, werkvermoë en taaie betrou-baarheid, hou die Tata Xenon die boer se brood aan beide kante gebotter.

Mense wat reeds Xenon-bakkie besit, is nie net tevrede nie – hulle is stralend ingenome. Danie Kotze beskryf die Xenon as ’n uitsonderlike en uiters kragtige voertuig. “Waarde vir geld,” sê hy.

Frans Vermaas behaal ’n gemiddelde brandstofverbruik van 12,4 km/ℓ met sy Xenon. Hy is ook baie tevrede met die diens wat hy van Tata en uit die bakkie kry. “Ek sal beslis enigeen wat ’n nuwe bakkie nodig het aanraai om ’n Tata Xenon te koop,” sê Frans.

Maar moenie vir Danie en Frans glo nie – kom kyk self by Nampo, en hoor sommer ook hoe Tata self soveel vertroue in hulle bakkies het dat hulle dit vir 3 jaar of 100 000 waarborg (ook teen roes), padbystand vir  3 jaar of 100 000 km bied en ’n diensplan vir 5 jaar of 90 000.

Daar is goed opgeleide Tata-handelaars regoor die land. Kom soek Christo Engelbrecht van Tata by Nampo of bel hom by 082-709-2076.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0