Categories: NewsPublished On: 26th May 2010

Kom-sê-hallo-vir-Tata-by-Nampo

By 4 min read
701 words

Boonop hou die Lexion se rekenaar rekord van alles wat met hom gebeur sodat jy altyd weet waar jy met jou stroper staan. Hierdie inligting help jou ook om jou stroper altyd optimaal te benut.

Claas se slimkoppe gebruik ook hierdie rekords om hulle stropers steeds te verbeter.

Die derde belangrike voordeel is die gemoedsrus wat die moederlike naverkoop­diens van MKB, die plaaslike verspreider, Barloworld Agri­culture en Claas se mense gee. AD Keet kon gerus ook ’n gedig oor hierdie doeltreffende diens geskryf het.

Tydens strooptyd is daar dikwels selfs tegnici so reg uit Duitsland in die omge­wing beskikbaar om te help seker maak dat elke Claas-boer gladweg stroop, sê Schalk. Hierdie kundigheid en belangstelling is vir die boer goud werd.

Hiermee stem die broers, Friedel, Jose en Ian Bester van FCJ Boerdery, ook by Moorreesburg, saam.

Hulle Claas Lexion 570 het ’n baie groot kapasiteit en die mees gevorderde tegnologie, maar tog is hy uiters betroubaar en baie maklik om te gebruik, vertel Friedel.

Sommer met die aflewerslag sien jy duidelik Claas is in ’n ander klas, sê hy. Barloworld en MKB se mense sorg dat die stroper eksieperfeksie strydvaardig is as hy op die plaas land en dan lei hulle die operateur op om sy reuse stroopkrag so doeltreffend en ekonomies as moontlik te benut.

Die Lexion 570 het oorgenoeg enjinkrag, vertel Friedel, sodat hy selfs kleingeld sal maak van die bultewêreld van die Suid-Kaap. Dit beteken ook dat die stroper langer hou, dat sy enjin nooit swaarkry nie en dat hy altyd perfek stroop.

“My pa het altyd gesê alles aan ’n stroper werk op omwentelinge. As die enjin te swak is sodat sy omwentelinge afkom, werk niks aan die stroper doeltreffend nie.”

Die skoon monster wat die Claas dors is veral belangrik vir die saadkoring wat die Bester-broers plant.

Een van die Lexion se eienskappe wat Friedel opgewonde maak, is die 3D dinamiese hellingkompensasie wat sorg dat materiaal egalig oor die hele wydte van die boonste sif versprei bly, selfs wanneer jy teen ’n helling stroop, sodat jy deurgaans die volle voordeel van die Lexion se meerderwaardige stroopkapasiteit kan geniet.

As jy met ’n gewone stroper teen ’n helling stroop, loop al die materiaal na die een kant toe sodat net ’n hoekie van die sif vir jou werk.

Claas is ’n blywende bate

Maar die beste van alles is dat jou Claas-stroper nie net jaar na jaar na jaar die beste ononderbroke diens lewer om jou graan doeltreffend en ekonomies te stroop nie – na jare diens is hy nog steeds ’n waardevolle bate waarvoor jy ’n baie goeie inruilprys kry, sê Friedel.

Maar dis mos wat jy van ’n Claas verwag: Die Bester-­broers gebruik ook Claas-baalmasjiene waarvan die oudste een, ’n Markant 55, nou reeds tien jaar getroue diens agter die rug het en steeds elke jaar sy volle vrag werk doen.

As AD Keet geweet het wat ons vandag weet, sou hy sekerlik ’n strofe of wat van sy gedig aan die Lexion se egali­ge voerstelsel gewy het, wat sorg dat die hele dorsproses gladweg verloop en minder diesel verg.

Hy sou sekerlik ook gedig het oor hoe die Lexion met sy versnelde voorskeidingstelsel en twee rotors eintlik twee stro­pers in een is en ses gewone skudstropers se werk doen.

Oor die Lexion se kragtige Caterpillar-enjin met sy beskeie dieselbehoefte sou Keet liries kon raak, so ook oor die Lexion 580 se ses turbinewaaiers en sy reus­agtige sifoppervlakte van 5,8 vierkante meter.

En met ’n Lexion-stroper sou hy nie nodig gehad het om net vir die Swartland se graan te wens nie – want met Claas kan jy sommer die hele land se graan baasraak.

So, ons raad aan AD Keet, en aan ons land se graanboere, is om dadelik met een van die Claas-streeksbestuurders by Barloworld Agriculture te praat:

Jimmy Immelman by 083-635-2220 vir die Wes-, Suid- en Oos-Kaap.
Gerhard Bezuidenhout by 083-627-0228 vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.
Christo Prinsloo by 082-893-1757 vir Mpumalanga, Limpopo en Kwazulu-Natal.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0