Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Kom-kyk-self:-Kubota-bied-vanjaar-nog-meer-by-Nampo

By 3 min read

’n Mag-nie-mis bewonderpunt by elke jaar se Nampo-oesdag is Kubota, nou reeds ’n bekende en gerespekteerde naam by boere én skougangers, se uitstalling.

Vanjaar beloof Kubota nog meer opwinding met die bekendstelling van drie nuwe modelle: die nuwe, groot M128X, die B26 TLB en die L5040.

Kubota is jare reeds bekend vir ’n wye verskeidenheid klein dieseltrekkers wat gewild is vir landgoedtake, op groente- en vrugteplase en onder hoender-en wynboere.

Die afgelope twee jaar het Kubota egter ook die mark vir mediumgrootte trekkers betree met die M108 van 80 kW. Vanjaar is dit die beurt van die M128X van 95 kW om boere se harte vinniger te laat klop.

Die nuwe Kubota M128X het ’n intelligente skuifratkas (Intelli-Shift) van agt dubbelreekskragskuiwe met ’n outomatiese stelling; ’n turbodieselenjin van 6 124 cm3 met direkte inspuiting; ’n veelsydige hidrouliese stelsel en vele meer.

Kubota-trekkers is reeds bekend vir hulle skrapse dieselverbruik en dié trekker sal, soos sy stalmaats, ook ligter op sy eienaar se dieselrekening wees.

Die nuwe B26 laaigraaf-slootgrawer sal ook vir die eerste keer amptelik sy verskyning maak. Dié trekker-laaigraafslootgrawer van 19,4 kW (26 perdekrag) pas tussen die gewilde BX24 en L39 TLBmodelle in die reeks en het eienskappe wat gewoonlik by groter TLBs gevind word.

Sy enjin is ’n kombinasie van krag, ’n hoë wringkragkurwe, lae geraas- en vibrasievlakke en skoner uitlaatgasse. Boonop kan dié TLB groter vragte laai en sy grawer agter is ook sterker en kan dieper grawe.

Kom bekyk die nuwe L5040 ook by Nampo van naderby – met 36 kW, vier silinders en turbo-aandrywing, bied dié model in die nuwe Kubota Grand L40-reeks ’n hoëwerkverrigtingsvlak wat dit uiters geskik maak vir ’n verskeidenheid take, met vindingryke kenmerke wat die werk selfs makliker maak.

Die res van die Kubota-reeks sal ook daar wees. Dit sluit die gewilde ME-reeks, wat ook vir brandstofekonomie bekend geword het, in, asook die kleiner trekkers en die praktiese rowweterreinvoertuig, die RTV900, met sy 900 cc-dieselenjin – ’n regte klein werkeseltjie.

Goeie nuus vir boere is dat dit nie net by kyk sal bly nie. Nuwe tegnologie sal prakties aan besoekers gedemonstreer word.

Een van Kubota se demonstrasies is die praktiese werking en sensitiewe aard van die hidrouliese driepunthyser – kom kyk en ervaar gerus dié Japanese vervaardiger se hoë-gehalteprodukte.

Kubota-enjins en -kragopwekkers, wat Smith Power Equipment se reeks Kiporkragopwekkers en enjins aanvul, sal ook tentoongestel word. Kipor se Super Silent- en Ultra Silent-reekse kragopwekkers is besig om groot veld te wen – hoe dan anders as jy reg langs ’n werkende kragopwekker kan staan en ’n gesprek op jou selfoon kan voer?

Besoekers hoef ook nie ver te gaan om hulle plaaswerktuie (én pretvoertuie) aan te skaf nie – Polaris en Linhai se reeks vierwielmotorļ¬etse en veeldoelvoertuie sal ook besigtig kan word. Hier is die nuwe 2009-model Polaris Ranger 500 of 700XP groot nuus, aangesien die grootste veranderings en verbeterings in die onlangse geskiedenis van dié produk vir die 2009-reeks aangebring is.

Vir meer inligting oor die Kubota-reeks, kontak Kubota SA by 011-284-2000 of besoek www.kubotasa.co.za. Sien jou by Nampo!

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0