Categories: NewsPublished On: 14th July 2010

Kom koop van Koperkop se goue genetika

By 3 min read
523 words

Die allerbeste van twee voortreflike beesrasse is saamgevoeg in die bees wie se prestasie die asem wegslaan: Die Hugenoot.

Die Hugenoot se 40% Afrika­nerbloed sorg vir gehardheid, stapvermoë, kort, gladde hare, hittepigment, natuurlike bosluisbestandheid, hoë gehalte rooivleis, maklike kalwing en toegewyde moederseienskap­pe.

Van sy Charolais-voorsate het die Hugenoot ’n groter konformasie en stewige gestel geërf, sowel as goeie bespie­ring, vinnige groei deur alle fases, gunstige voeromsetverhouding, hoë vrugbaarheid, hoë libido by bulle en kalm temperament.

Dit alles beteken net een ding: Hugenoot is die bees waarmee die boer sonder ’n gesukkel winsgewend kan boer om ’n volhoubare voortbestaan te verseker.

Die mark onderstreep hierdie stelling deurdat Hugenote keer op keer meer rande per kilogram behaal, soos by Baltimore waar Hugenoot-speenkalwers onlangs R16 per kilogram behaal het teenoor die R12 van gewone rooi kalwers.

Voerkraalaankopers gryp summier na die tjekboek om meer te betaal vir geel kalwers, want hulle weet: Hugenote groei goed en gesond, hulle sit nie maklik oortollige vet aan nie en hulle voeromsetverhouding is die beste wat jy kan kry.

As jy in ag neem dat Huge­no­tekalwers op meer as 300 kg speen en dat jy meer geld vir elkeen van daardie kilogramme kry, dan is dit te verstaan waarom verstandige beesboere oor hulle voete val om Hugenoot-genetika in die hande te kry.

Maar geld is nie die enigste ding wat Hugenote die boer in die sak bring nie – hy het ook die baie belangrike gemoeds­rus dat sy Hugenote werklik bewese gehard genoeg is om in enige streek die strafste toestande te deurstaan.

Koperkop Hugenote is geen uitsondering nie. In ’n jaar waarin die Bosveld ’n skamele 45 mm reën gekry het, het mnr Janna Botha nie een van sy Hugenote verloor nie.

Waar hy op die oomblik naby Roedtan op die Springbok­vlakte boer, is dit tans stowwerig, droog en kaal, maar die Hugenote lyk steeds goed en lus vir die lewe terwyl ander rasse wat op gehardheid roem in dieselfde omgewing vel en been is.

Dit alles is die gevolg van mnr Botha se beleid om streng vir funksionele doeltreffendheid te teel. Die produksie van die maksimum hoeveelheid eetbare rooivleis is sy strewe en niks laat hom daarvan afwyk nie.

Selfs die feit dat jy jou kan verkyk aan Koperkop se pragtige beeste is vir hom ondergeskik aan sy kommersiële produksiemikpunte.

By die veiling op Roedtan bied mnr Botha twintig stoetbulle, almal net onder 3 jaar, aan wat elkeen ’n skitterproduk van sy streng teelbeleid is. Al die bulle is vir vrugbaarheid getoets en skedewasse is gedoen om hulle vry van vibriose en trigomoniase te sertifiseer.

As gasverkoper bied mev Anna de Bruyn van Ambro-stoet twintig vroulike diere aan.

As jy van plan is om tot in die verre toekoms suksesvol te boer, is Koperkop se Huge­note die bloed wat jy nou nodig het.

Skakel mnr Janna Botha by 082-969-5236 vir meer inligting, of as jy nie die veiling kan bywoon nie en bulle uit die hand wil koop.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0