Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Kom koop keurgenetika op 25 September: Kasteel teel doelgeskikte Dorpers en Boerbokke

By 3 min read

Kundigheid, ervaring, liefde vir perfekte diere en toewyding vorm die grondslag waaarop Kasteel Witdorpers gesogte genetika produseer wat wêreldwyd aanklank vind.

Kudde- en stoetboere wat Kasteel se 17de produksie­veiling op 25 September op Van Aswegensfontein naby Loxton gaan bywoon, kan verseker wees dat hulle genetika goed vir ’n koning gaan raakloop – en ware waarde-vir-geld kopies kan maak.

Die beste is om reeds op 24 September by Kasteel te wees vir die inligtingsdag voor die veiling. Dries Wiese, eie­naar van Kasteel Witdorpers, wys graag vir ander boere waarmee en hoe hy boer en watter diepte daar in sy kuddes is. Daar is ook verblyf beskikbaar – skakel gerus voor die tyd.

By die veiling word 80 stoet- en kudderamme, 120 ooie, 40 boerbokooie en 10 boerbokramme aangebied.

Die kommersiële boer wat graag verseker wil wees van ’n ram wat ’n ooi kan dek, wat by sy omstandighede kan aanpas en wat lammers lewer wat presteer, sal beslis tevrede gestel word.

Al die ramme wat Kasteel verkoop is bewese. Dries gebruik sy rammetjies van vier maande af om kommersiële Merino-ooie te dek. Hulle is gewoond daaraan om van die veld af te werk, sonder ’n lek.

Al die ramme op die veiling is afgerond vir paring; nie vetgevoer en opgepomp nie. Jy kan hom tussen die ooie loop aflaai en dadelik gebruik: hy hoef nie eers opgevoer of verslank of fiks gemaak te word nie.

Anders as by vele ander veilings waar vier- en sestand­ramme aangebied word, is hierdie rammetjies almal ongewissel of tweetand. Dit beteken dat die koper minstens ’n jaar meer diens uit sy ram sal kry en omdat hy nie oorvoer is nie, is hy gesonder sodat hy langer gaan lewe en vrugbaarder gaan wees.

Kasteel bied elke jaar by drie veilings diere aan, maar omdat die boerdery op die beginsel van ses lamseisoene per jaar werk, is daar op elke veiling die beste van die betrokke teelgroep. Elke koper kan dus weet dat hy op elke veiling die beste diere sal kry.

Boerbokke

As jy ’n vrugbaarheids­ontploffing wil aanskou, kom kyk na Kasteel se boerbokke! Meerlinge is geen probleem nie. Die afgelope seisoen het Dries se boerbokooie ’n lampersentasie van 230% gehad en 190% gespeen.

Dries is baie streng met sy boerbokseleksie. ’n Bok moet soos ’n regte bok lyk en geen bek- en speenfoute word toegelaat nie. Elke Kasteel-boerbok moet ’n dier van die hoogste gehalte wees. Ek hou top ooie aan om aanteeldiere te bemark – die doel is nie om slaggoed te produseer nie.”

Die gasverkoper, Jan Wiese van Biesiespoort Dorpers, bied 30 Dorperramme en 120 -ooie aan. Jan teel spesiaal vir die kuddeboer se vereistes skape met sterk koppe en bekke, goeie pote en bene en genoeg vet om sonder voer deur droogtes te kom. Al sy diere is veldaangepas.

Vir meer inligting oor die vei­ling, skakel:

Dries Wiese  082-809-2949
Ters Marais  (GWK) 082-784-6860
Herman Loubser (GWK) 083-288-8887
Daan Bosman (stoetadviseur)  082-929-8406
Jan Wiese (gasverkoper) 082-804-8952

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0