Categories: NewsPublished On: 11th August 2011

Kollig-op-die-uitvoer-van-vars-produkte

By 4 min read

Die uitvoer van groente en vrugte is een van die belangrike onderwerpe wat op die allFresh!-konferensie op 26 en 27 Oktober by Sun City bespreek gaan word. Stuart Symington, die Uitvoerende Hoof van die Fresh Produce Exporter’s Forum, is die seremoniemeester vir allFresh! 2011.

Hy gaan ook ‘n praatjie lewer oor die onderwerp: “How ethical is our trade?” en een van verskeie wegbreeksessies behartig. Sy spesifieke sessie gaan oor uitvoermarkte en is op die program bekend as die  “Exporters Breakaway Session”. allFresh! is Suid Afrika se twee-dag varsprodukte-konferensie met algemene en bedryf-spesifieke sessies, asook ‘n bedryfsgeoriënteerde ekspo wat die nuutste ontwikkelings bekendstel. Die konferensie bied ook geleenthede vir borgskappe.

Die tema vir 2011 is “Volhoubaarheid in ‘n veranderende landbou omgewing”. In ‘n onderhoud met Stuart het hy uitgebrei oor die raamwerk van die spesialis-sessie vir rolspelers in die uitvoerbedryf en sy verwagtinge daarvoor. Die sessie gaan bestaan uit ‘n kort inleiding oor uitdagings in die uitvoerbedryf, gevolg deur ‘n bespreking tussen ‘n paneel van kenners en die gehoor. Hierdie gesprek sal die volgende onderwerpe bespreek: Voel opkomende produsente wat nou begin uitvoer deel van die uitvoerbedryf? Is Afrika die varsprodukte-bedryf se nuwe groot uitvoergeleentheid? Is die uitvoerbedryf besig om uitdagings behoorlik aan te spreek? Wat is die nuutste ontwikkelings in die varsprodukte-waardeketting en is dit genoeg? Verskaf ondersteunende instansies in die uitvoerbedryf genoegsame waarde aan rolspelers?

Die primêre boodskap wat Stuart wil oorda is dat die uitvoerarena besig is om drasties te verander en dat rolspelers nou al moet begin voorberei. Volgens Stuart gaan hierdie veranderinge oor die hele waardeketting versprei wees. Produsente het alreeds begin om hulle eie produkte uit te voer. Markagente is besig om plase aan te koop. Internasionale supermarkte maak kantore in Suid Afrika oop en beoog om regstreeks van produsente aan te koop. Opkomende boere sluit by die uitvoermark aan. Al hierdie voorbeelde wys daarop dat markte oor die algemeen verander om vir veranderende ekonomiese omstandighede voorsiening te maak. Dit is belangrik dat rolspelers hierdie veranderinge begryp en daarby aanpas om steeds die uitvoermark te bedien.

Stuart is van mening dat daar spesifieke debatte tydens die sessie na vore gaan kom. Dit sluit onder andere die volgende in: Afrika as ‘n nuwe markgeleentheid, die aanvaarding en ondersteuning van opkomende boere, ‘n potensiële tweemalige terugslag vir die ekonomie, en die aanpassing van ondernemings deur byvoorbeeld die ontwikkeling van nuwe vaardighede.

Die “Exporters Breakaway Session” by allFresh! 2011 is ‘n unieke geleentheid waar rolspelers knelpunte kan uitwys en met ander rolspelers debatteer om met gepaste strategieë vorendag te kom. Stuart glo dat hierdie sessie veral waarde sal toevoeg tot rolspelers wat aan die uitvoermark deelneem, daartoe bydra en daaruit voordeel trek.

Konferensiegangers kan bydra tot die volhoubare toekoms van Suid-Afrika se varsprodukte-bedryf. Registrasie beloop R3500 (minder vir studente). Besoek die webtuiste by www.allfresh.co.za (of volg die skakel elders op die bladsy) vir meer inligting oor borgpakkette, die ekspo, die nuutste allFresh!-nuuswaardighede en die registrasieproses. Registrasie kan aanlyn voltooi word of ‘n registrasievorm kan vanaf die webtuiste uitgedruk word. Om ‘n maandelikse nuusbrief te ontvang, kontak Carien by carien@buzztzn.co.za of +2783-630-3607.

Nog stories oor AllFresh!:

Boer volhoubaar met groente en vrugte
allFresh! is Suid Afrika se twee-dag varsprodukte konferensie met algemene en bedryfspesifieke sessies, ‘n bedryfsgeoriënteerde ekspo wat die nuutste ontwikkelings bekendstel, en geleenthede vir borgskappe. Hierdie jaar vind die konferensie plaas by Sun City op 26 en 27 Oktober.
Volhoubaarheid versterk boere
Volhoubaarheid is nie een of ander beperkende voorwaarde vir die varsproduktebedryf nie. Dit moet eerder as ‘n wapen in die hand beskou word. By die jaarlikse allFresh!-konferensie
Varsprodukte: Red die wêreld met volhoubaarheid
Produksieruimte, vars drinkwater en energiebronne word wêreldwyd al hoe skaarser, maar mense wat wil eet en drink – en die afval waarmee hulle die aarde belas – word al hoe meer.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0