KMC-van-Rovic-&-Leers:Flink-werktuie-maak-grondbone-lonend
Geld kan uit grondbone gemaak word, maar dan moet die boer die regte toerusting vir die taak inspan.
Verby is die dae toe arbeidsintensiewe grondbonetrekkery ’n opsie vir die boer was. Trouens, vele boere het grondboneproduksie heeltemal gestaak eerder as om met duur, ondoeltreffende metodes te sukkel.
Maar met Rovic & Leers se produktiewe KMC Kelly-grondbone-uithalers, -stro-pers en –belugters is gronboneboerdery vandag ’n winsgewende praktyk en pure plesier vir die boer.
KMC van Georgia in die VSA is een van die wêreld se heel voorste vervaardigers grondbone-oestoerusting en Rovic & Leers is die alleenverspreider van dié vervaardiger se produkte in Suid-Afrika.
Neels du Preez van Olierivier naby Douglas, het vir hom een elk van dié masjiene aangeskaf en ’n planter laat aanpas om daarby te pas. Nou is grondboneproduksie vir hom pure, lonende plesier.
Afgesien van die inkomste van die oes, het grondbone ook ’n waardevolle wisselbouvoordeel, sê Neels. Hy is baie tevrede met die opbrengs en gehalte van die koring wat hy na die grondbone geplant het.
Uithaler uithaler
Die KMC grondbone-uithaler, skudder en omdraaier is beskikbaar in modelle vir twee, vier, ses of agt rye, en hy doen presies wat sy naam sê:
Skuinsgeplaaste lemme sny die grondboonwortels net onder die peule af en starre stawe lei dit sagkens, maar ferm na die kettingrak, wat die oortollige grond doeltreffend afskud.
Daarna draai die omdraaiers die skoongeskudde plante netjies om en plaas dit in stewige, hoë, smal, kompakte windrye met die peule na bo om te droog.
Binne twee-en-’n-half of drie dae kan jy maar naderstaan om jou grondbone met jou KMC-plukker te pluk. Neels se koöperasie kan nie nat grondbone hanteer nie, daarom het hy syne in sakke op die land verder gedroog.
Ligvoetse belugter
As dit dalk reën terwyl jou grondbone in windrye lê of as jy dit gouer wil laat droog word of ekstra skoon wil maak, gebruik jy jou KMC-belugter van Rovic & Leers. Hierdie doeltreffende masjien lig en belug die stingels en plaas dit weer in netjiese windrye met die peule na bo.
Puik plukker
Jy kan vier rye pluk met Rovic & Leers se taai, betroubare KMC 3374-grondboneplukker en ses rye met die 3376. Hierdie plukkers is die ene wenkenmerke:
- ’n Ratse opteller met ’n klein deursnit en veerbelaaide vingers tel materiaal sagkens, maar sonder vermorsing, op.
- Verstelbare stropers en ’n skeisif met verstelbare lugvloei verseker doeltreffende skeiding met ’n wye verskeidenheid materiaal in ’n wye verskeidenheid omstandighede.
- Dit is een van die plukkers met die laagste verlies aan los, doplose pitte in die wêreld.
- Die optellerhoogte, opteldromspoed en awegaarspoed word hidroulies vanuit die operateur se sitplek in die trekker verstel.
- ‘n Dubbelkrinkratkas en enkelwiele verseker dat jy op ‘n tiekie kan draai.
- Die groot, breë wiele sak nie maklik in sagte of nat grond weg nie.
- Dis maklik, goedkoop en vinnig om die masjien te onderhou.
Die plukker se massatenk van 9 kubieke meter dra vragte van tot 2 700 kg en gooi die peule met ’n hidrouliese kantel-aksie oor in ’n sleepwa met aftapsluise wat Neels gebou het.
Met Rovic & Leers se doeltreffende grondbonetoerusting gebruik Neels die minimum arbeid om die werk deeglik, flink en vinnig af te handel. “Dit is die enigste manier waarop ek kans sien om op enige sinvolle skaal grondbone te plant en te hanteer,” sê hy. “Ek sal dit liewer nie met hande-arbeid probeer nie.”
Volgens Willie Serfontein, boerderybestuurder, haal die uithaler met gemak tien ton per dag uit en die plukker stroop dit speel-speel. Die aard van die terrein en gras in die lande het hulle ’n bietjie in die wiele gery tydens die uithalery, maar volgende jaar sal dit nog beter gaan.
Neels het ook ander werktuie van Rovic & Leers en hy is tevrede met die diens wat hy by hulle kry. Hulle luister na die boer en is bereid om probleme op te los, soos met die grondboneplukker se aanhaakstelsel wat aangepas moet word.
Vir meer inligting oor hierdie grondbone toerusting en van Rovic & Leers se ander puik produkte skakel hulle by 011- 396-6200, Johannesburg, 021-907-1700, Kaapstad of 033-346-2727, Pietermaritzburg of besoek hulle by ww.rovicleers.co.za.