Kleinkaroo-Saadbemarking:-Hier-kom-blitsige-mieliebasters!
Optimale opbrengs. Dit is wat boere wil hê en dit is wat Kleinkaroo-saadbemarking bied.
Kleinkaroo Saad het die mieliemark met hul eerste BT-baster in die ultra-kort groeigroep betree. Die mieliekultivars wat hulle bied is teen ander markleiers getoets en het hulleself tydens landwye statistiese proewe as wenners bewys.
Helen Nuut!
Helen is ’n ultra-vinnige geelmieliebaster wat uitstekend onder besproeiing vaar. Helen het ’n hoë opbrengspotensiaal en is ook geskik vir droëlandtoestande.
Dié kultivar het uitstekende staanvermoë en presteer baie goed, selfs wanneer plantdigtheid baie hoog is. Helen droog vinnig af en is gemiddeld meerkoppig.
Hierdie mieliebaster toon redelike weerstand teen kopvrot, blaarsiekte en grysblaarvlek, maar is vatbaar vir streepsiekte.
KKS 8204 B (YieldGard) Nuut!!
KKS 8204 B (Helen Bt) is ’n geelmieliebaster met dieselfde eienskappe as Helen.
KKS 8400 is ’n nuwe geelmieliebaster uit die K2AGRI-stal wat beïndruk met sy meerkoppigheid en hoë opbrengs. Sy goeie graangehalte, siekteverdraagsaamheid en staanvermoë laat dié mieliekultivar laat uitblink. KKS 8400 is ’n medium groeiseisoen-baster wat aanbeveel word vir sowel die westelike as die oostelike produksiegebiede.
KKS 8401: ’n Uitstekende medium groeiseisoen-witmieliekultivar. Dié baster toon die perfekte balans in opbrengs, aanpasbaarheid, siekteverdraagsaamheid en graangehalte. Sy sterk meerkoppigheid stel hom in staat om met die heel beste basters op die mark mee te ding. Aangepas vir die ooste en die weste.
KKS 8402: ’n Uitstekende nuwe geelmieliekultivar in die medium groeiklas. KKS 8402 lewer uitstekende opbrengs, is sterk meerkoppig en ’n baster waarop jy kan staatmaak. Aangepas vir die ooste en die weste.