Categories: NewsPublished On: 21st January 2011

Kleinboere kry hupstoot

By 1 min read
Raymond Sibuyi

‘n Voorbeeld van suksesvolle samewerking met die doel om landelike mense aan die gang te kry as boere wat vir die mark produseer is in die Hazyview-omgewing te sien.

 
Raymond Sibuyi  en ander plaaslike boere soos die Mnisi-broers kry ondersteuning van die Mineworkers Investment Company (MIC) deurdat die maatskappy hulle help om boerderytoerusting aan te skaf. Ander instansies wat hulp verleen is TIPA (Techno-Agriculture Innovation for Poverty Alleviation) en supermarkte.
 
MIC is ‘n reuse beleggingsmaatskappy wat in vele bedrywe werksaam is. Op die gebied van landbou beywer hulle hul egter ook om bestaansboere op ‘n kommersiele vlak te kry.
 
Sedert 1997, toe Raymond Sibuyi begin boer het, moes hy al harde bene kou soos toe sy pomptoerusting tydens die 2000-vloede weggespoel het. Maar sy deursettingsvermoë het hom ‘n ideale kandidaat vir die projek gemaak. Raymond het tans ses persone indiens en voorsien sy produkte aan plaaslike winkels.
 
Die Mnisi-broers het hulle vyf hektaar plaas by hulle pa geërf. Sedertdien maak hulle goeie vordering en het hulle gewasse soos waatlemoen, kool en botterskorsies begin aanplant.
 
Nog ‘n deelnemer aan die projek, Elias Pangana, plant mielies en ander gewasse op sy 20 hektaar plaas. Hy is nog nie ‘n kommersiele boer nie maar hoop om na hierdie oes vir die eerste keer te kan bemark.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0