Klein Karoo Saad Bemarking:Nuwe tamatievariëteite vang die oog in Wes en Ooskaap
Die vraag na beter gehalte tamaties vir sowel die mark as die boer neem steeds toe en dit is presies in dié kategorie waar KKSB se huidige tamatiereeks homself uitstekend posisioneer vir oopland, asook net- en kweekhuisproduksie.
Saam met goeie strategiese bestuur, gebalanseerde bemesting en die keuse van die regte variëteit in sy spesifieke plantgleuf, verleen KKSB se tamatiereeks ook die buigsaamheid vir volhoubare sukses.
Die Syngenta groep (Syngenta, Zeraim- Gedera en Daehnveldt) wat die variëteite bemark word beskou as die wêreldleiers op die gebied van weerstandteling teen tamatiekromnekvirus (TSWV), tamatie-geelbladkrulvirus (TYLCV), Fusarium (Fol) en Fusarium kroon- en wortelvrot (FCRR).
Vruggehalte, uitstaande siekteweerstandige pakkette en bykomende uitsonderlike planteienskappe is die mikpunt en dryfveer agter hierdie internasionale maatskappye se produkreekse.
KKSB se unieke weerstandbiedende tamatiekultivars maak dus verbouing in die meeste probleemgebiede moontlik.
Lourenzo* en Arlene* is onbeperkte groeiers en het reeds plaaslik sowel as internasionaal bekendheid verwerf vir hulle uitstekende opbrengspotensiaal van eenvormige vruggehalte en -grootte na afloop van die groeisiklus.
Lourenzo*, wat by die Universiteit van Stellenbosch se Welgevallen-proefplaas geevalueer is, het die afgelope seisoen uitstekende resultate behaal teen die markleiers. ’n Volle 10,5 trosse per stam in ’n bestek van 5 maande is getuienis van waartoe hierdie kultivar in staat is.
Lourenzo* het ook die beste gevaar by gradering en het 55,5 bemarkbare vrugte per plant geproduseer waarvan 32,5% in die kleiner vruggrootte (31-35 mm) en 49,8% in die medium vruggrootte (56-72 mm) graderingsklas was.
Arlene* het ook baie goeie standaarde gehandhaaf, maar beskik veral oor die besonderse eienskap dat vrug-grootte en gewig behoue bly na die groeisiklus.
Lourenzo* en Arlene* beskik oor uitstekende verdraagsaamheid teen Verticilliumverwelksiekte (V), Fusarium 1 en 2 (Fol1 & Fol2), Fusarium kroon- en wortelvrot (FCRR), knopwortelallwurm (N), tamatiemosaïekvirus (ToMV) en tamatiekromnekvirus (TSWV).
Sowel Lourenzo* as Arlene* kan regdeur die jaar geproduseer word en is geskik vir produksie onder beskermde sowel as ooplandverbouingstoestande.
Goeie vrugset by konstante temperature, ferm vrugte met ’n lang raklewe en lang groeisiklusse maak die kultivars mededingend teenoor die markleiers.
KKSB is voortdurend besig met nuwe kultivarevaluasies en nuwe opwindende kultivartoevoegings tot die tamatieprodukreeks sluit in TL-42603*, TL-42602* en TL-42571.
Vir meer inligting oor saadopsies vir die wenboer, besoek www.saadbemarking.co.za of praat met die vriendelike mense van KKSB by 044-203-5180.
Variëteite* ingedien vir registrasie.