Kieskeurige-kopers-plaas-wolpryse-onder-druk
Pryse was wisselvallig op vandeesweek se wolveiling op Port Elizabeth. Cape Wools se Merino-aanwyser het met 3,4% tot R97,29/kg (skoon) teruggesak.
Markte in ander woluitvoerlande het ook gedaal weens pryse wat onder druk gekom het weens onsekerheid op wêreldmarkte.
Lang vagwol van gehalte was egter steeds hoog in aanvraag en het goeie pryse behaal.
Die vraag na medium- tot minderwaardige tipes en kruisraswol was swak en dié tipes se pryse het aansienlik sedert verlede week gedaal. Die pryse van die meeste langwoltipes het laer gesluit.
Die rand, wat sedert verlede week se gemiddelde wisselkoers met 3,8% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het, het die mark in ’n mate ondersteun en voorkom dat pyse verder terugsak.
Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg:
- 19 mikron verswak met 2,7% tot R115,08/kg
- 20 mikron was 3,5% goedkoper op R104,89/kg
- 21 mikron daal met 2,2% tot R102,62/kg
- 22 mikron was onveranderd op R100,75/kg
Sowat 11 000 bale sal volgende week tekoop aangebied word.