Kies uit dié swaargewig lusern variëteite
DieKies-uit-di-swaargewig-lusern-variteite/p>
KLEIN KAROO Saad, die grootste produsent en verspreider van lusernsaad in Suid-Afrika, is deel van die KLEIN KAROO-groep in Oudtshoorn. KLEIN KAROO Saad versprei ook ’n volledige reeks weiding- en groentesaad onder die Afrigro- en K2Agri-saadhandelsmerke.
KLEIN KAROO Saad se variëteite fokus op:
- Hoëvlak opname en verteerbaarheid
- Veelvoudige weerstand teen siektes en peste soos Fusarium, Phytophthora-wortelvrot, blouluis, ertjieluis, gespikkelde luis en knopwortel-aalwurm
- Hoë voedingswaarde en produksie
- Wye aanpasbaarheid vir Suid-Afrikaanse toestande
- Lang lewensduur
WL 711
Die eerste dormansie 10-variëteit wat in SA beskikbaar is. Presteer beter in sandgrond. WL 711 is hoogs winteraktief en het ’n vinnige hergroei na elke snysel. WL 711 presteer uitstekend in warm produksiegebiede met lang daglig. Lewer uitstekende opbrengs hoëgehalte hooi.
WL 625 HQ
WL 625 HQ is in dormansiegroep 9. Dit beteken dat dit ’n hoogs winteraktiewe variëteit is, wat baie groeikragtig is. WL 625 HQ lewer ’n baie goeie opbrengs met hooi van uitstaande gehalte.
WL 525 HQ
Die unieke kombinasie van verteerbaarheid en blaarryke, dun stammetjies hooi, is die resultaat van ’n dormansiegroep 8-kultivar met ’n baie hoë voedingswaarde. WL 525 HQ is ’n ou staatmaker wat homself deeglik bewys het.
Robusta
Robusta val in dormansiegroep 9. Die volhoubaarheid en lewensduurte van Robusta vergelyk baie goed met dié van laerdormansiegroepe. Dit is ’n variëteit wat spanningstoestande baie goed kan hanteer. Robusta is ’n aktiewe groeier met goeie gehalte hooi.
KKS 9595
KKS 9595 is in die dormansiegroep 7,5. Wat hierdie
variëteit so spesiaal maak, is dat dit bewei kan word soos enige ander laedormansievariëteit, sonder om die plant so te beskadig dat dit nie weer kan herstel nie. Die hergroei is baie vinnig en dit kan na kort rusperiodes weer bewei word. KKS 9595 is ’n uitstekende weidingsvariëteit.
WL 414
Wl 414 is in die dormansiegroep 7. WL 414 het weerstand teen antraknose, bakteriese verwelk en verticillium-verwelk. WL 414 is baie gehard en dit is ’n uitstekende dubbeldoelkultivar (wei en sny). Hierdie kultivar se houvermoë en voortdurende produksie moenie onderskat word nie.
SA Select
Die bekende SA Standaard met luisweerstand. SA Select is geselekteer uit SA Standaard en het sy kenmerk as geharde variëteit behou. SA Select is ’n dormansie 6-variëteit met selfs meer winteraktiewe groei as SA Standaard. Selfs die opbrengs van SA Select is beter as dié van SA Standaard.
SA Standaard
Klein Karoo Saad se SA Standaard voldoen aan die strengste vereistes soos bepaal deur die Plantverbeteringswet wat suiwerheid, hoë ontkiempersentasie en afwesigheid van dodder insluit. SA Standaard is ’n baie goeie, geharde weidingsvariëteit wat goed presteer in ongunstige toestande.
Plant ’n variëteit volgens u behoefte en bestuur dit daarvolgens. Moenie lusern as ’n afskeepgewas beskou nie. In intensiewe produksietoestande vereis die plante ook intensiewe aandag.
KLEIN KAROO Saadbemarking,
Oudtshoorn 044-272-8223;
Brits 012-252-6849;
Potchefstroom 018-293-1233;
www.saadbemarking.co.za