Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Kies die regte spilpunt 3: Valley beteken wins!

By 4 min read

Feit van die lewe: As jy die beste oeste wil behaal, moet jy die beste spilpunt gebruik. Valley is die wenner vir winsgewende water­aanwending.

Met meer as sestig jaar ondervinding in besproeiing en meer as 145 000 spilpunte wat wêreldwyd vir wenboere wins maak (so 12 000 in Suid-Afrika) is Valley die onbetwiste wêreldleier.

Hierdie sukses is geen toeval nie. Dit is te danke aan die feit dat Valley die beste ontwerp het, die beste, duur­saamste materiaal gebruik, die beste vervaardigings­prosesse volg en die beste diens aan die boer lewer om besproeiingsboerdery werklik ’n lonende bedryf te maak.

Valley is die baanbreker en die speerpunt van spilpuntbesproeiing. Die afgelope vyftig jaar het tientalle spilpuntvervaardigers gekom en gegaan, maar Valley is die een wat bly – ook om die “weeskind”-spilpunte wie se vervaardigers verdwyn het aan die loop te hou en algaande met egte, betroubare, doeltreffende Valley-onderdele te Valleyfiseer.

Ook die eienaars van spilpunte wie se vervaardigers steeds op die toneel is voeg waarde tot hulle gewone spilpunte toe deur hulle algaande met Valley-motors, -ratkaste en ander onderdele te Valleyfiseer.

Die beste pad is natuurlik om van die begin af Valley te koop sodat jy van die begin af die toppunt van betroubaarheid, doeltreffendheid, sinvolle waterbenutting en winsgewende besproeiing kan geniet.

Soos Carel Groenewalt van Croc Valley Besproeiings­dienste sê: As jy ’n minderwaardige spilpunt koop om geld te bespaar en net 1 ton koring minder per hektaar as die optimum produseer omdat jou stelsel nie die mas opkom nie, kan jy elke jaar ’n verlies van R160 000 ly vir die R20 000 of R30 000 wat jy net een keer bespaar het.”

In Suid-Afrika geniet boere die voordeel dat Valley verskaf word deur ’n toegewyde span kundiges wat elke tree van die pad saam met jou loop.

Daar is ’n Valley-verskaffer naby jou en elke Valley-agent word met die hand uitgesoek op grond van sy landbou- en besproeiingskundigheid, sy integriteit en sy bewese vermoë om net die beste diens aan die boer te lewer. Iemand wat nie aan dié streng vereistes voldoen nie, kry nie ’n plek in die Valley-span nie, sê Louis Marais, Valley se bemarkingsbestuurder.

Elke handelaar kry ’n spesifieke gebied met vaste grense sodat hy naby genoeg aan sy boere kan wees om ’n ordentlike diens te lewer, want ’n spilpunt is ’n ding wat nie mag staan nie.

Agter elke streek se handelaars staan ’n Valley-streeksbestuurder, wat op sy beurt deur Valley Suid-Afrika en deur Valmont Industries gerugsteun word sodat elke boer altyd die beste diens kan geniet.

’n Bewys van Valley se volgehoue betrokkenheid en voorneme om te bly, is die feit dat daar van elke Valley-spilpunt rekord gehou word sodat geen Valley ooit ’n weeskind word nie.

Maak nie saak hoe oud jou Valley is nie – jy sal altyd onderdele en diens kry. By Valley se fabriek in Nigel is ’n nuwe produksielyn opgerig wat nuwe pype vir ou Valley-modelle reg­oor die wêreld maak, sodat jy ’n stokou Valley teen ’n redelike koste nuut kan maak.

Wat ook al jou behoefte is, Valley het die oplossing – van klein water- of enjinaangedrewe plotspilpunte tot reusagtige knewels van tot 853 meter lank; lineêre stelsels met kanaal- of pyptoevoer, omswaai-lineêre spilpunte en veelsydige spilpunte wat as ’n lineêre, ’n omswaai-lineêre of gewone spilpunt gebruik kan word, verskuifbare spilpunte en hoekspilpunte wat lande met eienaardige vorms doeltreffend besproei.

Daar is ook ultra-hoogloopmodelle vir hoë bome of suikerriet en laeprofielmodelle wat verdamping verminder.

Verskeie pypdiktes is beskikbaar en selfs ’n pyp met ’n ingeboude poli-etileenvoering vir probleemwater wat alles anders vreet.

Valley bied ook ’n verskeidenheid doeltreffende beheerstelsels, vanaf ’n gewone stelsel tot die mees gevorderde, gerekenariseerde beheerstelsel wat per radio of selfoon werk.

Dit is nie nodig om te suk­kel nie. Die doeltreffendste spilpunt is op die duur ook die bekostigbaarste – en daar is ’n Valley-agent naby jou. Bel Valley se hoofkantoor op Nigel vandag by 011-814-7007 om te hoor wie jou Valley-man is.

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment