Kies-Calpeda-vir-pompe-sonder-probleme:-Calpeda-bied-’n-pomp-vir-elke-smaak
Plaas jou water waar dit werk: vinnig, maklik, betroubaar en bekostigbaar met die volledige reeks Italiaans vervaardigde Calpeda-pompe wat in Suid-Afrika versprei en gerugsteun word deur Midmacor. Kyk net na die reeks:
Kortgekoppelde sentrifugale pompe (NM – NMD): Hierdie pomp se toevoerpyp sit voor en sy lewering bo en hy is beskikbaar in modelle vanaf 0,25 tot 75 kW, wat teen òf tweepool- òf vierpoolspoed kan loop. Die reeks se drukhoogte wissel van 3,5 tot 114 m, wat dit geskik maak vir toepassings soos normale watervoorsiening, verwarming, lugreëling, verkoelingsaanlegte, brandbestryding en besproeiing.
Inlyn aanjaagpompe (NR): Met die inlaat aan die een kant en die uitlaat aan die ander kant, wissel hierdie model van 0,25 tot 4 kW, wat almal teen vierpoolspoed werk.
Horisontale en vertikale meertrappompe van vlekvrye staal (MXH MXV): Hierdie pompe, in die geheel van vlekvrye staal gemaak is, het ’n verskeidenheid stuwers vir hoë druk. Hulle wissel van 0,33 tot 22 kW en is ideaal vir drukaanjaagdoeleindes, besproeiing, brandbestryding en hoëdrukwasaanlegte.
Dompelbare dreineringspompe (GM GX): Hierdie reeks wissel van 0,37 tot 18 kW en sommige modelle kan soliede dele met ’n deursnit van tot 50 mm hanteer.
Boorgatdompelpompe (SD SDS SDX): Dié baie groot reeks pompe wissel van 0,37 tot 150 kW met ’n deursnit van 101 mm (4”) tot 254 mm (10”). Hulle lewer vanaf 10 ℓ/min tot 6 000 ℓ/min en is beskikbaar in 220 en 380 V. 525 V is op aanvraag beskikbaar. Jy kan kies of jy ’n Calpeda- of ’n Franklin-motor wil hê. Calpeda-motors kan deur die meeste ankerwikkelaars in Suid-Afrika herwikkel word. Die drukhoogte van hierdie pompe wissel van 10 tot 500 m.
Hierdie is maar net ’n klein deeltjie van Midmacor se groot reeks hoëgehalte pompe. Vir jou pompoplossing, praat met Quentin Fly by 011-221-3709 of 082-447-2666 of e-pos quentin@midmacor.co.za.