Categories: NewsPublished On: 3rd June 2011

Katoen-se-wêreldprys-sak-kwaai-terug

By 2 min read
307 words

Nadat internasionale katoenpryse ’n rekordvlak van $2.44 per pond op 8 Maart 2011 bereik het, het dit in April sterk teruggesak maar sedertdien tussen $1.60/lb en $1.70/lb gestabiliseer. Volgens die International Cotton Advisory Committee (ICAC) blyk dit dat die hoofrede vir die daling in pryse die afnemende vraag na katoen is. Die vraag het juis gedaal as gevolg van die hoë pryse, en ook as gevolg van probleme met toegang tot krediet en ’n toenemende vraag na chemiese vesels.

Die aanplanting van katoen het reeds ’n aanvang in die Noordelike Halfrond geneem en die hoë pryse het aanleiding gegee tot ’n uitbreiding in hektare in meeste katoen-produserende lande uitgesonderd die VSA en Uzbekistan. Met die veronderstelling dat daar ’n klein toename in opbrengste kan wees, raam die ICAC dat wêreldkatoenproduksie in 2011/12 met 9% sal toeneem tot ’n nuwe rekordvlak van 27,3 miljoen ton wat 1% hoër sal wees as die vorige rekord van 7 jaar gelede.

Wêreldkatoenverbruik vir die komende seisoen word deur die ICAC op 25,8 miljoen ton geprojekteer, ’n styging van 3% teenoor die huidige seisoen maar 3% minder as die rekordverbruik van 2007/08.

Internasionale katoenvoorrade op 31 Julie 2011, wat deur die ICAC op ongeveer 8,7 miljoen ton geraam word, sal die laagste in 15 jaar wees.

Plaaslike vooruitskouing

Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die 5e skatting vir die 2010/11 produksie-jaar op  ‘n  totale  katoenoes  van  94 599 bale vesel wat ‘n daling van 3% teenoor die vorige maand se skatting toon. Dit is egter ‘n styging van 123% teenoor die oes van die vorige seisoen en ook die eerste toename in plaaslike katoenproduksie in 7 jaar.

Na  skatting  sal  90 599 bale vesel geproduseer word van RSA geproduseerde katoenpluksel, ’n toename van 136% teenoor die vorige seisoen. Die balans van 4 000 bale vesel het  betrekking op produksie in Swaziland.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0