Categories: NewsPublished On: 6th October 2011

Kanadese-melkboer-begin-met-hongerstaking-oor-hofuitspraak

By 1 min read
261 words
‘n Kanadese boer in die Ontario-provinsie gaan vir die tweede keer in sy lewe tot ‘n hongerstaking oor gaan nadat hy ‘n hofstryd van 5 jaar verloor het wat hom in staat sou stel om rou melk  van sy plaas af te mag verkoop.
 
In Desember 2006 het Michael Schmidt sy byna maand lange hongerstaking beëindig nadat sy  ondersteuners belowe het om hom te help om sy stryd in die hof voort te sit.
 
Die aanvanklike hofuitspraak in Januarie 2010 het bevind dat Schmidt nie die wet oortree het nie omrede hy melk aan mede-eienaars van sy koei-aandele skema verkoop het en nie aan die publiek nie.
 
Vandeesweek het ‘n hoër hof die besluit egter omgekeer en is hy skuldig bevind.
 
Die kanadese wet verbied dat ongepasteuriseerde melk of room op enige wyse versprei word. Dit mag wel deur die boer en sy gesin self gebruik word.  
 
Schmidt het aan ‘n verslaggewer van die National Post-koerant gesê dat die gevaar van rou melk slegs in groot industriële-tipe verwerkingsentrums bestaan waar melk afkomstig van baie plase saamgevoeg word en waar enige een van die bronne die hele poel kan ruïneer.
 
Schmidt het gesê dat rou melk afkomstig van ‘n melkery op ‘n familieplaas waar behoorlike bestuur toegepas word nie gevaar inhou nie.  Hy het gesê dat sulke rou melk selfs veiliger as fabriek-tipe gepasteuriseerde melk kan wees.
 
Dis onwaarskynlik dat hy tronk toe gestuur sal word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0