Categories: NewsPublished On: 7th July 2011

Kampioenruiter-wen-‘n-perd-van-‘n-ander-kleur

By 1 min read
Shaun Neill het die naweek die 2011 Nissan Ruiterskou-perdespringkampioenskap op Kyalami gewen en daarmee ‘n perd van ‘n ander kleur losgespring.
 
Kort op sy hakke was Neriska Prinsloo en Lorette Knowles-Taylor, gesamentlik in die tweede plek en Paige Shiller, vierde.Die ruiters moes teen mekaar meeding op hulle eie perde sowel as op hulle teenstanders se perde.
 
Nie een van hulle kon daarin slaag om vier skoon rondtes te spring nie (Nissan se aanvanklike vereiste om die Nissan Navara te wen), maar Nissan Suid-Afrika het tog besluit om die voertuig vir ‘n jaar aan die wenner van die kampioenskap te gee.
 
Nissan SA se besturende direkteur, meneer Mike Whitfield het gesê: "Selfs al is die Navara nie volstrek gewen nie, was ons beïndruk met die gehalte van die die deelnemers se vertonings in elkeen van die vier rondes."
 
Shaun en Neriska het elkeen ‘n paal in die derde ronde laat val toe dit aangekondig is dat hulle nog ‘n kans staan om die jaar-lange borgskap te wen.
 
Shaun het net vier punte oor die vier rondes afgestaan wat hom die wenner van dié gesogte ruiterskompetisie gemaak het.
 
"Ek het gedink dis verby toe die paal tuimel," het Shaun gesê. "Ek waardeer Nissan se mooi gebaar om vir my steeds die opwindende Navara te gee, selfs al is dit net vir ‘n jaar."
 
Neriska se perd, Balito Baai, is die top-presterende perd met foutlose rondes onder al vier die ruiters.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment