Kalbasgewasse: Verhoog opbrengs en gehalte met Greencult se netplastiek-grondkomberse
Elke hektaar van ons aarde se oppervlakte moet elke jaar meer mense voed, terwyl die waterbronne nie meer word nie. Daarvoor is immer beter, volhoubare landboupraktyke nodig.
Een so ’n ontwikkeling wat boere regoor die wêreld aangryp, is Greencult se vernuftige netplastiek-grondkomberse vir die produksie van kalbasgewasse soos spanspek en waatlemoen.
Die gebruik van grondkomberse is sinvol, aangesien ooplandproduksie plante en grond aan wind, weer, verspoeling, verdamping en onkruidmededinging blootstel om ’n relatief lae opbrengs van ’n relatief swak gehalte te lewer.
’n Grondkombers van gewone plastiek verbeter die waterbenutting, onkruidbeheer, opbrengs en gehalte, maar dit bied ook probleme: Omdat die oppervlakte van gewone plastiek glad is, kry die hegranke geen vasklouplek nie, sodat die wind plante maklik kan beskadig.
![]() |
Gewone plastiekkomberse bied gewoonlik beter resultate as ooplandproduksie, maar dikwels skeur dit en dan bring al die moeite en koste geen voordeel vir die gewasse of die boer mee nie. |
Boonop is gewone plastiek nie juis sterk nie, sodat dit maklik deur wind en weer beskadig word en dan is jy terug by ooplandproduksie.
’n Mens kan natuurlik windbreekgewasse tussen die rye plant, maar dié gewasse ding dan met jou kalbasgewasse mee om water, voedingstowwe en sonlig – en as die wind in die rye af waai, help dit net mooi niks om jou plante te beskerm nie.
Dieselfde geld vir duur windbrekernette wat dikwels self voor die wind swig.
Maar Greencult se vernuftige netplastiek-grondkomberse bied die perfekte oplossing: Dit is ’n eenheid van net en plastiek wat langer as ’n gewone plastiekgrondkombers hou en jou plante se hegranke vasgrypplek bied sodat hulle hulleself teen die wind kan anker.
Dit beteken dat wind aansienlik minder skade aanrig en dat die plant sy blare deurentyd teen die regte hoek na die son gerig kan hou vir beter fotosintese, wat tot beter groei en hoër, gesonder produksie lei.
![]() |
Die netlaag op Greencult se vernuftige netplastiek-grondkombers bied genoeg vasgrypplek vir jou plante se hegranke, sodat hulle hulleself teen die wind kan anker. Terselfdertyd stel dit plante in staat om deurgaans hulle blare teen die regte hoek na die son te hou om fotosintese, en dus groei, te verbeter. |
Die voordele van Greencult se netplastiek-grondkomberse is:
- Jy kan vroeër plant en vroeër oes
- Plante groei vinniger
- Doeltreffende grondisolasie sorg vir ’n hoër grondtemperatuur in die winter en laer grondtemperatuur in die somer
- Praktiese proewe bewys dat Greencult se netplastiek-grondkomberse opbrengs en gehalte beduidend verhoog
- Grondvog word veel beter bewaar, wat op doeltreffende waterbenutting neerkom
- Onkruid word beter onderdruk en makliker bestuur
- Kunsmisuitloging word verminder• Gronderosie word verminder
- Erdwurmbedrywigheid word aangemoedig
- Grondverdigting word verminder
- Wortelskade word verminder
- Opbrengs word verhoog
- Gehalte word verhoog en daar is geen grondskuurmerke aan vrugte nie
- Die bedrywighede van peste word aan bande gelê
- Windskade word drasties verminder
- Greencult se netplastiek-grondkomberse is meer duursaam sodat dit jou nie gedurende jou gewasse se groeiseisoen in die steek sal laat deur as gevolg van wind te skeur nie
In ’n waatlemoenproduksieproef deur ’n bekende saadmaatskappy, het Greencult se netplastiekkombers die volgende verstommende produksieverbetering teenoor gewone plastiek behaal:
- 51,6% opbrengsvermeerdering
- 43,8% meer vrugte per hektaar
- 5,5% gemiddelde gewigstoename per vrug
- 36,7% verhoging in suikerinhoud van vrugte
![]() |
Gewone plastiek bied die plant se hegranke geen vasvatplek nie, sodat die wind die stomme plant na willekeur in die rondte draai totdat sy stammetjie knak. |
Laasgenoemde beteken dat die boer wat Greencult se netplastiek gebruik nou met ’n geruste gemoed en volkome eerlikheid “ja” kan antwoord op die ou-ou vraag: “Is jou waatlemoene soet?
”Mnr Hennie Viljoen van die plaas Memel, naby Worcester, het die volgende verbeterings met netplastiek teenoor gewone plastiek behaal: Spanspek was 7 dae vroeër plukgereed. Waatlemoene was minstens 10 dae vroeër plukgereed en die vrugte was ook aansienlik groter.
Die proewe het mnr Hennie Viljoen, summier van die voordele van netplastiek oortuig. Hy sê: “Ek sal definitief volgende seisoen van meer netplastiek gebruik maak vir spanspek- en waatlemoenproduksie.
Mnr Gerrie Niewoudt, ’n boer van Kleinhoek in die Clanwilliam-gebied, het tien jaar gelede reeds met die ontwikkeling, toetsing en wêreldwye patentering van die produk begin. Hy het onlangs ’n vennootskap gestig met Flexinet, ’n plastieknetvervaardiger en Zibo Plastics, ’n plastiekgrondkombers vervaardiger en so is die maatskappy, Greencult gestig.
Jy kan ook ’n hoër, gesonder opbrengs per hektaar behaal met Greencult se vernuftige netplastiek-grondkomberse. Praat met Fanie Maree by 082-566-1122 of s.maree@mweb.co.za vir meer inligting of besoek ons webtuiste by www.greencult.co.za.