Categories: NewsPublished On: 26th May 2010

K line besproei weiding bekostigbaar, betroubaar, maklik, doeltreffend

By 3 min read

Onherroeplik verby is alle vorms van sukkel om weiding te besproei. Die weligste, gesondste produksie is nou moontlik – ekonomies, doeltreffend en bekostigbaar.

Dit is te danke aan ’n vindingryke nuwe tegniek wat water ten beste benut, wat maklik en goedkoop is om op te rig en te gebruik en wat wemel van voordele, waarvan die belangrikste die drastiese opbrengsverbetering is.

K-line Pod-besproeiing is in Nieu-Seeland ontwikkel en is reeds daar, in die VSA en in Australië baie gewild omdat dit ’n groot verskil in die winsgewendheid van voerproduksie vir veeboerdery maak. Dit pas perfek by weidingproduksie hier by ons en beloof om ook ons boere se posisie drasties te verbeter.

Dit werk so: Spesiale klap- of wentelspuite word in PVC-potte gemonteer, die potte word aan ’n spesiale sterk, buigsame pyp gekoppel en die pyp aan die watertoevoer. Die pyp met sy ry potte besproei ’n strook van so 30 meter wyd. Sodra die strook deeglik benat is, haak jy die punt van die pyp aan jou vierwielmotorfiets of klein trekkertjie en sleep die hele stelsel na die volgende baan – as jy wil sommer terwyl die spuite aan’t spuit is.

As ’n mens dink hoe tydsaam en moeisaam so ’n proses met goukoppelpype was, staan jy verstom dat niemand nog nie lankal hierdie vernuftige stelsel bedink het nie. Dit stel baie boere vir wie besproeiing van weidingsgewasse voorheen te duur, te tydrowend, te arbeidsintensief en te omslagtig was in staat om nou meer wins uit weiding te maak – maklik en bekostigbaar.

Die K-line-stelsel is perfek vir die besproeiing van weiveld, lusern en ander voergewasse, sooigrasproduksie, vrugteboorde, afvalwaterbenutting, vuur- en stofbeheer en grondherwinningsprojekte.

Die stelsel verseker die beste waterbenutting omdat water stadig genoeg toegedien word sodat die grond dit deeglik kan opneem. Daar is geen afloop en geen vermorsing nie.

Die stelsel word maklik en vinnig verskuif of heeltemal uit die pad gesleep om gewasse te plant of te sny. Dis geskik vir die beste benutting van water op enige vorm van land en vir enige grondoppervlak – tot op skotige heuwels. Oral waar jy met jou vierwielmotorfiets of trekker kan ry, kan die K-line-besproeiingstelsel werk.

Weiding kan benat word terwyl beeste daarop wei. Wanneer dit warm is, koel beeste hulleself graag onder die spuite af. ’n Belangrike voordeel is dat jy ’n klein stelsel kan installeer en dit algaande kan uitbrei soos wat daar kapitaal beskikbaar raak. Jy kan ook jou besproeiing perfek beheer met kleppe om net sekere dele te besproei as jy dit so verlang.

Die stelsel verg die minimum onderhoud. Die enigste bewegende dele is die sproeiers, die pomp en die kleppe. Min energie en ’n relatief lae waterdruk (250 tot 350 kPa) word vereis.

Die stelsel het ook nie koper of ander metaal wat dit ’n skyf vir diewe maak nie.

Gewasse van tot 600 mm hoog kanbesproei word.

Boere wat reeds K-line gebruik, is ingenome met die resultate. Jý kan ook meer waarde uit jou weiding put. Praat vandag met Dick of Kevin Isted by 051-603-7039 of 051-603-1114 of stuur e-pos na info@adventuretrails.co.za. Skakel ook Kevin by 082-929-9729 of Dick by 082-457-0912. Hulle sal jou help om die stelsel presies volgens jou behoeftes te beplan.

Besoek ook die webblad by www.adventuretrails.co.za vir meer inligting of selfs ’n video (kyk onder Informational Video) oor die unieke stelsel.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0