Jupidex-se-Kverneland-CLG-beitelploeg:-Beter-bewerking,-beter-wortelontwikkeling,-hoër-wins
Die beste werktuig wat ek en my pa nog ooit vir ons boerdery gekoop het, is die Kverneland CLG-beitelploeg. Só sê Tobie du Plessis van Theunissen – en hy het mielieplante gereed om jou te wys hoeveel beter die wortelontwikkeling is as jy jou grond met die Kverneland CLG bewerk.
![]() |
Tobie du Plessis van Theunissen in die Vrystaat het rede om so breed te glimlag: ’n opbrengsverhoging van 400 kg mielies per hektaar. Dit is alles te danke aan die skitterende bewerking van sy Kverneland CLG-beitelploeg, wat die grondstruktuur verbeter sodat wortelont-wikkeling aangemoedig word, sodat water en voedingstowwe beter opgeneem kan word vir ’n beter opbrengs, sodat die boer voorspoediger kan boer. Tobie het proewe op dieselfde land gedoen. Die mielieplant links kom uit die deel van die land wat met die CLG bewerk is en die een regs uit die deel wat met ’n gewone tandemskeurploeg bewerk is. Die twee wortelstelsels vertel die hele storie. |
Daardie sterker wortelontwikkeling beteken natuurlik dat die plante water en voeding-stowwe beter opneem sodat hulle vir die boer ’n groter opbrengs kanoplewer.
Tobie het getoets: hy het ’n deel van ’n land op die tradisionele manier met ’n tandemskeurploeg bewerk en ’n deel met die Kverneland CLG. Die bewerkingskoste was dieselfde, maar met die CLG is die hele land losgemaak; die spore ook.
Die resultaat was ’n opbrengsverhoging van 400 kilogram mielies per hektaar op die deel wat met die CLG
bewerk is teenoor die deel wat met die tandemskeurploeg bewerk is. So ’n opbrengsverhoging is ’n baie belangrike verskil vir enige boer, sê Tobie. Dit kan jou boerdery maak of breek.
Die CLG kan tot 550 mm diep werk, afhangend van die grondtipe. Vir hierdie werk vra hy gemiddeld 15 kW trekkerkrag per tand: in sandgrond soms so min as 10 kW, maar in swaar klei tot 18 kW.
’n Groot voordeel is dat die CLG die grond makmaak, sodat dit met elke opvolgende bewerking makliker gaan en selfs nog beter resu ltate oplewer.
Die CLG is perfek vir stoppelbewerking, sê Tobie. Die materiaal vloei losweg en sonder verstoppings deur die raam en die grond maak weer toe agter die tande sodat dit nie slote in die land laat soos sommige ander skeurploeë nie. Die rede daarvoor is die veerkrag in die tande, wat die grond in sy natuurlike nate oopbreek en deeglik losmaak.
Hierdie aksie verbeter die karakter van die grond vir beter belugting, vog-indringing en wortelontwikkeling. Die egalige laag stoppels op die oppervlak beskerm die grond teen uitdroging en oormatige verwarming.
‘n Stel beitelpunte hou 400 hektaar in grond wat nogal stewig is, sê Tobie, en dan draai jy hulle om om nog 400 hektaar perfek te bewerk.
![]() |
Jupidex se Kverneland CLG-beitelploeg, met sy unieke selfherstel-uitskoptande, stel boere in staat om hulle opbrengs drasties te verhoog. |
Tobie is ook ingenome met die feit dat die CLG se raam oral aanmekaar gebout is en nie gesweis nie. Dit skakel die moontlikheid van krake uit en stel jou in staat om die tandspasiëring volgens jou behoefte te stel en om maklik meer tande aan te bring. Tobie se CLG het op die oomblik 13 tande maar hy beplan alreeds om nog tande by te voeg.
Nog ’n belangrike voordeel is die vernuftige veerstelsel wat elke tand in staat stel om flink weg te skop en vanself weer te sak wanneer dit ’n versperring tref. Jy kan meer vere byvoeg om die wegskoplas te verhoog en dit is heerlik om nooit weer met breekboute te sukkel nie.
Die staal waarvan al Kverneland se produkte gemaak is, is in ’n klas van sy eie en beloof jare en jare voortreflike diens. En so van diens gepraat – Jupidex en sy meer as 80 handelaars regoor Suid-Afrika glo daaraan om die land se boere voorspoedig aan die boer te hou deur immerdeur net die flinkste en kundigste diens te bied.
Die wakker Jupidex-handelaar op Bultfontein is Jan Jacobs (082-782-7426) van Buo Agri. Dirk Rossouw (082-448-1511) is Jupidex se streekbestuurder vir die Vrystaat en Noordoos-Kaap en Nico Storm (082-463-3124 of 033-345-2733) is Jupidex se nasionale verkoopbestuurder by wie jy kan uitvind wie die handelaar naaste aan jou is.