Categories: NewsPublished On: 5th August 2011

Jumil-sleepstroper-bevry-die-boer

By 3 min read
Die JM 390G-stroper met ’n mielieland af teen sowat 2,5 tot 3 ton per uur. Let op die stewige montering aan die trekker. Daar is ’n montering vir elke soort trekker beskikbaar.
Wat ’n wonderlike wêreld sal dit vir die boer wees as hy nie meer aan die genade van stroopkontrakteurs uitgelewer is nie!
 
Valtrac KZN en Jumil maak hierdie droom van die kleiner graanboer en die veeboer wat beperkte hektare graan vir eie voerproduksie plant waar, met die vernuftige Jumil JM 390G-sleepstroper.
 
Die JM 390G word stewig langs ’n trekker van 56 kW gemonteer en verby is dit met afhanklikheid van kontrakteurs se beloftes dat hulle dalk môre of dalk volgende week sal begin stroop!
 
Maar moenie dink oor hy kleiner is en minder kos hierdie flukse kalant staan vir die ou grootstemstropers terug nie. Die Jumil JM 390G is ’n gevorderde ontwerp met vernuftige tegnologie wat daarop bereken is om stroopwerk vir die boer ’n soet ervaring te maak – of jy nou mielies, koring, sorghum, soja of rys wil stroop. Jy kan selfs ’n droëbonetafel monteer.
 
Die JM 390G-sleepstroper monteer stewig aan ’n trekker van 56 kW. Die dubbel-agterwiele regs sorg vir vasberade stabiliteit en die doldraaiwiel links dat jy baie knap kan krink.
’n Groot voordeel van die Jumilstroper is sy sinvolle eenvoud, wat dit maklik maak om te gebruik. Die tweerymielieplukkerkop met sy spasiëring van 45 tot 90 cm wat net die mieliekoppe stroop, die koringtafel met sy snywydte van 2 meter en die bonetafel met terugtrekvingers en voerwurm word maklik en gou omgeruil.
 
Die aksiale dorsstelsel verstop nie en verseker ’n skoon monster en heel graan, wat goed gradeer en selfs vir saad gebruik kan word. Daarvoor sorg die dorsrotor met sy verstelbare dorspenne, wat binne ’n silindersif werk.
 
In net een beweging word die strooi, doppe en stronke verwyder en op die pas gestroopte rye uitgeblaas. Daarna beweeg die graan op na ’n lugskoonmaker, waarna dit deur ’n skudsif wat die laaste stukkies strooi verwyder, in die houtenk van 1 300 liter val. Die monster is verrassend skoon.
 
So laai die JM 390G sy vrag van 1 300 liter graan binne ’n minuut oor in ’n tapkar. Die leweringshoogte is 3,2 meter.
Vandaar laai ’n tweestadiumwurmhyser die volle vrag van 1 300 liter in minder as ’n minuut oor in ’n tapkar.
 
Die uitlaaihoogte is 3,20 meter, wat beteken dat bykans enige hoogte tapkar of sleepwa gebruik kan word.
 
Teen ’n werkspoed van 3 tot 5 kmu stroop die Jumil so 2,5 tot 3 ton per uur, afhangend van die opbrengs op die land. Stewige dubbelwiele sorg vir rotsvaste stabiliteit sodat die Jumil nie, soos sommige ander sleepstropers, dronk-dronk deur die land steier nie.
 
Die Jumil JM 390G-stroper is ’n toonbeeld van stewige, betroubare, doeltreffende eenvoud wat vir die boer jare en jare se probleemvry diens sal gee. En die beste nuus van alles dit dat dit deur Valtrac se tegnologiese uitmuntendheid en legendariese diens gerugsteun word.
 
Om uit te vind watter een van die groot aantal Jumil-handelaars naaste aan jou is, praat met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-817-7308 of henniedut@valtrac.co.za.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0