Jumil:-Plant-perfek-en-oes-oorvloedig!
Die pad na ’n wen-oes begin by jou planter. So glo Danie Slabbert van Vanrooyenswoning naby Reitz in die Vrystaat en daarom plant hy met Jumil van Crop-Tech.
Toe die Slabberts se vorige planters so vier jaar gelede oukant toe begin staan het en nie meer betyds kon klaar plant in die kort plantseisoen nie, het hulle by Nampo na planters gaan kyk. In daardie stadium het Danie en sy pa, Pieter, nog hulle mielies en soja met konvensionele bewerking geplant, maar die Jumil gekies omdat hy as volwaardige geenbewerkingplanter ook hierdie opsie vir die Boerdery ontsluit.
Sommer met die intrapslag het die Jumil gewys hy spasieer so goed soos die beste planters wat die Slabberts nog gesien het, hy handhaaf ’n perfekte plantdiepte, hy plaas die kunsmis perfek en hy is stewig en betroubaar. “As jy hom so kyk, kan jy sommer sien dis ’n ordentlike ding,” se Danie.
Dit was altyd baie mooi en lekker om te ploeg, vertel Danie, maar met die immer stygende insetkoste word dit al hoe moeiliker om volhoubaar te boer en daarom moet ’n boer ’n plan maak. Met hulle eerste Jumil-planter het hulle vier jaar gelede hulle eerste 17 hektaar geenbewerkingmielies geplant en dit was ’n groot sukses.
Vanjaar plant hulle vir die derde seisoen grootliks met geenbewerking. Die groot voordele is in hierdie stadium die feit dat geenbewerking sowat helfte van die trekkerkrag en dus diesel verg as konvensionele bewerking. Daar is ook nie meer ’n skare werkers nodig tydens planttyd nie.
Die grond word elke jaar losser en lugtiger, wat nog minder trekkerkrag vereis, vertel Danie. Daar is veel minder wind- en watererosie, veel beter vogbewaring en geenbewerking verseker volhoubare boerdery. Oor tien jaar gaan daar bitter min boere wees wat nie geenbewerking toepas nie, voorspel hy.
Geenbewerking beteken ook dat jy nie meer volgens ’n vasgestelde resep kan boer nie. Bestuur word meer intensief en jy moet baie meer in die lande wees om te kyk wat aangaan en om daarvolgens
aanpassings te maak. “Daar le nou permanent ’n grondboor en ’n penetrometer agter op my bakkie,” vertel Danie.
Jy moet meer betrokke raak by jou grond en die lewe in die grond. Danie is lid van die op-en-wakker Riemlandstudiegroep waar ’n groep jong boere kennis saamgooi om immer doeltreffender te boer.
Maar die eerste vereiste vir suksesvolle geenbewerking is ’n planter wat sy man kan staan, verklaar Danie. ’n Geenbewerkingplanter werk baie harder as ’n konvensionele planter en hy moet veel sterker en slimmer wees om in onbewerkte grond en deur plantreste te plant.
“Ek is baie opgewonde oor die Jumil JM 3090 PD-planter,” se Danie. Hy is sterk en robuust gebou met ’n stewige raam. Sy saadeenhede is uiters gevorderd om ongelooflik akkurate spasiering te verseker. As jy sy plantestand volgens die tabel gestel het, kan jy met ’n liniaal gaan meet waar hy geplant het. Sy kalibrasie op saad en kunsmis is baie maklik en akkuraat en hy het die vermoe om in enige grond perfek te plant.
Danie se JM 3090-planters het vakuum-saaduitmeeteenhede en hy is baie tevrede met die akkuraatheid daarvan: “Hy doen presies wat jy wil he hy moet doen.” Die planters het al, met die nodige verstellings, mielies, soja, weiwieke en voersorghum geplant – almal perfek en sonder sukkel.
Waar Danie vir ’n vingerplanter platter mieliepitte verkies het, bestel hy vir die JM 3090 ronderige saad. Die planter is nie kieskeurig oor saadgrootte en –vorm nie. “As jy hom ingestel het, mis hy nie ’n enkele pit nie en tel ook nie twee-twee pitte op nie.”
Danie se Jumil-planters met hulle hidroulies-aangedrewe suigwaaiers vereis nie dat die trekker al die pad teen hoe enjinomwentelinge moet loop soos sekere ander vakuumplanters nie. Teen ’n luierspoed van 1 200 opm verloor die Jumil nie ’n enkele pit nie. “Dit, tesame met die afwesigheid van ’n kragaftakkeras, is ’n groot voordeel in hierdie deel van die Vrystaat, waar ons baie kontoere het waar ons dikwels en skerp moet draai.”
’n Baie belangrike voordeel van Danie se Jumil-planters is dat dit deur ’n kundige en diensgerigte handelaar, Same Trekkerdienste van Reitz, verskaf word, sê hy. Francois Visser en sy flukse span
slimkoppe gaan uit hulle pad om die beste diens en raad te gee en hulle verstaan boerdery.
Dit is ook geen wonder nie, want Crop-Tech kies hulle handelaars baie fyn uit om te verseker dat die boer altyd net die beste, flinkste en kundigste diens kry.