Categories: NewsPublished On: 23rd June 2011

Julle-moet-nou-sê-waar-julle-staan-sê-TLU-SA-aan-regering

By 1 min read
In ‘n skerp bewoorde verklaring het TLU SA se president, mnr Ben Marais gesê die ANC sal self aan sy mense moet verduidelik as daar ‘n kosskaarste in die land sou ontstaan. Dit volg daarop dat die regerende party nog nie sy jeugleier berispe het na dié se onlangse aandrang op grondvat sonder dat die eienaars daarvoor vergoed word nie.
 
“Wat ons betref het die ANC die streep getrek, enersyds met hulle uitdruklike dreigemente, en andersyds deur hulle stilswyende aanvaarding van dié standpunte…Ons daag die president, mnr Jacob Zuma en sy kabinet uit om ondubbelsinnig standpunt in te neem,” het hy gesê.
 
“Die ANC sal self die gevolge moet aanvaar as hulle met hierdie diefstalproses wil voortgaan,” het mnr Marais bygevoeg.
 
TLU SA moedig boere aan om hulleself te beveilig en hulleself binne die bepalings van die wet te organiseer om gebiedsveiligheid te bevorder. 
 
“Ons hoef nie toe te laat dat ons grond dalk onwettig beset word en ons lewe en eiendom in gevaar gestel word nie. Ons doen ook ‘n beroep op alle boere om na mekaar uit te reik, mekaar se belange te beskerm, met mekaar saam te werk en mekaar te help beveilig,” het mnr Marais gesê.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0