Jou-wyn-kan-ook-laat-waai-–-leer-hoe-by-Winebiz
![]() |
Die twee dae-lange Winebiz-konferensie in Julie is bestem vir wynbemarkers, kelder-eienaars en elkeen in die wynbedryf wat iets met die verkoop van wyn te doen het.
Die konferensie beloof om ‘n inspirerende geleentheid te wees met verskeie kenners en kundiges wat hulle kennis en ervaring gaan deel. Die program fokus op die strategiese bemarking en verkoop van wyn en bied ruim geleentheid vir konferensiegangers om met mekaar te skakel.
In-diepte aanbiedings deur wynkopers, joernaliste en bemarkingsdeskundiges oor onderwerpe soos internasionale tendense, interessante gevallestudies en sosiale bemarkingsgeleenthede maak deel van die geleentheid se program uit.
Die Winebiz-konferensie word op 26 en 27 Julie by die Erinvale Hotel in Somerset-Wes aangebied. Besoek gerus www.winebiz.co.za vir meer besonderhede.