Categories: Artikels, Meganisasie, NuusPublished On: 15th June 2018

John Deere se Grootblokbaler voer voer tot nuwe hoogtes

By 4 min read
JOhn Deere

DSC_0375

John Deere se gedugte nuwe Grootblokbaler, die L341, verbeter doeltreffendheid en stel die boer in staat om beter besluite te neem. Die gevorderde baler is onlangs by NAMPO bekendgestel en weer by ’n demonstrasiedag in Douglas waar die boere die werktuig in aksie kon sien.

Afgesien van sy netjiese baalwerk en betroubaarheid, is hierdie gevorderde baler se groot voordele dat hy die voggehalte, gewig en ander besonderhede van elke baal aanteken sodat die boer sy vragmotors meer oordeelkundig kan laai, beter voerbesluite kan neem en selfs op grond van die balerinligting akkuraat kan beplan hoe om die volgende seisoen te besproei en kunsmis toe te dien.

Die L341 maak bale van 900 mm x 1 200 mm en die lengte van die bale kan vanuit die kajuit verstel word. So ’n baal weeg nagenoeg 750 kg, afhangende van die materiaal. Die baler vereis verbasend min trekkerkrag. ’n Trekker van 115 kW is heeltemal opgewasse vir die taak, maar as die baler met ’n voorafkerwer toegerus is wat die materiaal kerf voordat dit saamgepers word, is nog 30 kW nodig. Die 6155M-trekker van John Deere is die perfekte pasmaat vir die baler sonder voorafkerwer, maar met die kerwer sal ’n John Deere 6175M die regte trekker wees,” sê Irene Hart, John Deere se produksiespesialis, Hooi- en Voerprodukte.

Sy sê ook hierdie baler is perfek vir ’n kommersiёle hooiboer, asook vir groot suiwel- en beesboere wat op soek is na meer konstante baaldigthede. John Deere se strewe in die ontwerp en vervaardiging van die L341 was deurgaans om die boer se taak te vergemaklik. John Deere bestee nie verniet 2-miljoen dollar per dag aan navorsing nie. Belangrike oorwegings was die werkverrigting van die baler om staantyd tot die minimum te beperk, koste van eienaarskap deurdat ’n kleiner trekker wat minder brandstof verbruik die baler kan sleep, en die beperking van onderhoudskoste. John Deere het ook die beste, mees gevorderde tegnologie ingespan om die nuwe baler so nuttig as moontlik vir die boer te maak.

Dit help die operateur om ingeligte besluite in die veld te neem wat tot ’n hoёr gehalte hooi lei, maar dit help ook die boer met sy beplanning ten opsigte van vervoer, aanwending van die hooi en bepaling van landboupraktyke vir die volgende seisoen.

Nelius Oosthuizen verduidelik by die demonstrasiedag vir die boere in Douglas hoe die L341-baler werk.

Voordele vir die boer:

  • 12% verhoging in produktiwiteit.
  • Megawide Feed System – Die L341 se bek is die breedste in die bedryf, wat beteken dat dit wye windrye maklik en volledig opraap en eenvormig voer om stewige, goed gevormde bale te maak.
  • Voorafkerweropsie – ’n Boer kan kies of hy sy L341 met ’n voorafkerwer (precutter) wil bestel. Die voorafkerwer se 21 lemme van 44 mm elk sny die hooi netjies kleiner voordat dit gebaal word. Elke lem is veerbelaai om skade deur vreemde voorwerpe te voorkom.
  • ’n Baalweegstelsel gee vir die boer die baal se gewig regdeur die baalproses.
  • ’n Baalvogsensor meet die voginhoud van elke baal 33% meer akkuraat as die ander balers op die mark. Die operateur kan die data op die skerm lees terwyl hy in die trekker sit.
  • BalerAssist stel die boer in staat om enige moontlike verstoppings woertswarts uit die weg te ruim sonder om die trekker te verlaat.
  • Die dubbelbinder sorg dat die groot, swaar bale deurgaans stewig vasgebind is en hulle vorm behou.
  • Die L341 kan ook bederfwerende middels in bale toedien.
John Deere

John Deere se gedugte nuwe Grootblokbaler, die L341, verbeter doeltreffendheid en stel die boer in staat om beter besluite te neem.

John Deere Finansieel

Geen boer dra ’n onuitputlike sak vol geld by hom rond nie, daarom staan John Deere se finansiёle afdeling reg om boere te help om die beste werktuie aan te skaf. ’n Verteenwoordiger van John Deere sal saam met die boer die beplanning doen.

Hulle kyk na verskeie faktore:

– Die termyn

– Hoe gereeld jou betalings gaan wees (maandeliks of jaarliks)

– Wanneer jou kontantvloei inkom

– Die boer se belastingprogram

– Hoe hulle die deposito struktureer – hoe groter hoe beter

– Kapitaalterugbetaling

– Rentekoers

Bestel vandag nog jou L341-Grootblokbaler by jou naaste John Deere-handelaar of kry meer inligting by www.deere.com/sub-saharn/en.

John Deere

Boere is beïndruk met John Deere se L341-Grootblokbaler se werkspoed en tegnologie.

Netjieser en stewiger kry jy nie. So lyk die produk van John Deere se L341-Grootblokbaler.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0