Categories: NewsPublished On: 8th November 2011

John-Deere-beïndruk-met-beoogde-nuwe-pakhuis

By 2 min read
313 words
Len Brand, besturende direkteur van John Deere, Cor van der Slik, John Deere se onderdele bestuurder en Graeme Green van JT Ross-ontwikkelaars.
John Deere hou niks van staantyd nie. Daarom strewe hulle voortdurend daarna om voorraadbestuur en diens aan boere te verbeter. Hulle planne vir ‘n reuse nuwe pakhuis in Kemptonpark getuig ook daarvan.
 
Mnr Len Brand, besturende direkteur van John Deere het gesê dat alhoewel die sub-kontinent nooit as ‘n groot rolspeler gesien is nie, het die onlangse oplewing in sakebedrywighede in dié streek hulle benadering verander. 
 
John Deere Suid-Afrika het sedert November 2010 verantwoordelikheid aanvaar vir die bemarking-, onderdele- en verkopesteun aan sy handelaars in sub-Sahara Afrika en die nuwe pakhuis gaan ook dié hele gebied bedien. Mnr Brand het gesê dat hy graag sou wou sien dat handelaars ook in hulle eie infrastruktuur-ontwikkeling belê.
 
Die pakhuis wat sowat R150 miljoen kos, sal drie keer die bergingsvermoë van John Deere se bestaande Rosslyn-pakhuis hê.
 
Mnr Cor van der Slik , John Deere se onderdele bestuurder, het gesê dat die pakhuis as’t ware ‘n spiëelbeeld gaan wees van die John Deere-pakhuise in Amerika en Europa en gaan van moderne tegnologie soos radio-frekwensie stafiekode-lesers gebruik maak.
 
Hy het gesê hulle hou duim vas dat die bouers teen 9 Januarie kan begin bou. Teen Augustus volgende jaar moet die rakke ingesit  word en teen Oktober beoog hulle om operasioneel te wees.
 
John Deere se mense is ook in hulle skik met verkope die afgelope paar maande. Van November 2010 tot die einde van Augustus is reeds 2 094 trekkers verkoop teenoor die vorige volledige boekjaar se 1 684 trekkers. 
 
En met so ‘n groot investering in ‘n nuwe pakhuis, kan mens hulle maar glo as hulle sê hulle hou niks van staantyd nie.
1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1