Categories: NewsPublished On: 19th November 2010

JF-Stoll-FCT-955-Pro-Tec-maak-koningskuilvoer

By 3 min read

Doeltreffende eenvoud – dit is Staalmeester se vernuftige JF Stoll FCT 955-sleepkuilvoerkerwer, sê Neil MacKenzie, melkboer van die plaas, Craigie Burn, in Ixopo, KwaZulu-Natal.

As jy elke dag vir vir elkeen van 1 000 lakterende en droë koeie en verse tussen 3 en 4 kg kuilvoer moet opdis, is betroubare en doeltreffende toerusting noodsaaklik, sê Neil.

Dit is hoekom hy summier die FCT 955 gekoop het toe Staalmeester dit op Craigie Burn kom demonstreer het. As voormalige kuilvoerkontrakteur weet Neil presies watter eienskappe om in ’n kerwer te soek en hy ken ’n uitmuntende masjien as hy dit sien.

Bobaas werkverrigting

Neil is beïndruk met die FCT 955 se vermoë om windrye skoon en volledig op te tel, met sy wye bek wat nooit aan materiaal wurg nie, met sy vindingryke UpperCut-snyrotorstelsel, en met sy lemskerpmaakstelsel wat baie min moeite en geen spesiale gereedskap verg nie.

’n Melkboer het elke dag genoeg werk. Hy het nie tyd om met wispelturige en weerspannige masjinerie te sukkel nie. Staalmeester se FCT 955 stel hom in staat om gou, maklik en doeltreffend, eersteklas kuilvoer te maak en boonop geniet hy die soliede rugsteun van Staalmeester se toegewyde diens.

Kyk net die voordele!

Die FCT 955 se presisie-kerfstelsel versprei plantsap en moontlike bymiddels egalig regdeur die materiaal. Dit verhaas die begin van die inkuilingsproses en verseker ’n meerderwaardige eindproduk.

Wanneer windrye opgetel word om kuilvoer te maak, is die bokant dikwels uitgedroog en die onderste materiaal sopnat. Die FCT 955 se presisiekerfstelsel vermeng die boonste en onderste materiaal deeglik sodat die eindproduk volkome homogeen is. Dit verhoed die vorming van swamme en vrot kolle in die kuilvoer.

Materiaal wat presies gekerf is, kan digter saamgepers word. Hoe minder lug in kuilvoer is, hoe vinniger en doeltreffender vorder die inkuilingsproses om kuilvoer van die hoogste gehalte te verseker. Boonop word kuilruimte beter benut.

Presisiegekerfde kuilvoer van hoëgehalte smaak lekkerder, sodat jou beeste meer daarvan inneem en beter presteer om jou melktjek drasties te vergroot.

Hoe werk hy?

Die FCT 955 se kerfrotor spog met die UpperCut- en Multi-knife-stelsels. Die UpperCut-stelsel kerf materiaal teen ’n omdraaibare snystaaf en gooi dit regstreeks op en uit deur die leweringsgeut. Materiaal hoef nie eers deur die rotorhuls te beweeg nie. Dit beteken dat
wrywing tussen messe en die rotorhuls uitgeskakel word en die moontlikheid van klipskade
verminder word.

Die Multiknife-stelsel help om bedryfskoste laag te hou. In die geval van skade, hoef jy nou ’n kleiner lem, wat oor net ’n kwart van die rotor se wydte strek, te vervang in stede van ’n duur, lang  lem, wat oor die hele rotorwydte strek.

Die swaar rotor het ’n vliegwieleffek wat, saam met die reguit pad wat materiaal deur die kerwer volg, sorg dat die FCT 955 geen energie vermors nie. In proewe het hy – met dieselfde trekker – 25 tot 50% meer materiaal gekerf as gewone presisiekerwers.

In die onwaarskynlike geval van ’n verstopping, kan jy die FCT 955 vanuit die kajuit laat terugdraai. Jy beheer ook die uitblaasgeut elektries vanuit die kajuit om jou kuilvoer te blaas presies daar waar jy dit wil hê.

Neil het sy FCT 955 met ’n opteller vir graskuilvoer gekoop, maar hy beplan om ook ’n tweery-mieliekop aan te skaf. Jy kan ook ’n snyerstaaf van 2,4 meter koop as jy regstreeks gras wil sny en inkuil.

Die FCT 955 kuil 25 tot 70 ton materiaal per dag in met ’n trekker van 103 kW. Vier rollers verseker behoorlike invoer, en die snyrotor is 0,72 meter wyd. Die standaard-kerwer het 24 lemme, maar ’n keuse met 32 lemme is ook beskikbaar. Die snitlengte kan op 8, 16 of 32 mm gestel word.

As jy ook jou diere met perfekte kuilvoer wil trakteer, praat met Eduan Booyens van Staalmeester by 082-883-6484 of 018-431-0300. Skakel Worcester tak vir Neels Sanders by 082-937-4841 of besoek www.staalmeester.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment