Jeugskouwenners van Swartlandskou 2017

IMG_0806
Senior Wolskaap Skouman Klas: Kampioen Skouman – Hannes Mostert van Swartland, Reserwe Kampioen – Pierre van Heerden van Swartland, Derde Plasing – Visser Wessels van Eden. Borg: Mev Harriet Carstens van Overberg Agri Wealth & Risk Management Beoordelaars: Keith Coetzee van BKB en Lene Mostert
Die Swartlandstreek se Jeugskou Kampioenskappe het weer vanjaar plaasgevind tydens die jaarlikse Landbouskou op Moorreesburg. 124 meedingers van sewe verskillende skole in die Wes-Kaap se streek het daar gaan meeding.
Skole wat die dag bygewoon het was Hoër- en Laerskool Dirkie Uys (Moorreesburg), Oakdale Landbouskool (Riversdal), FD Conradie (Ceres), Hoërskool Bredasdorp (Bredasdorp), Augsburg Landbou Gimnasium (Clanwilliam) en Boland Landbouskool van die Paarl.
Hulle het aanvanklik agt deelnameklasse aangebied, maar as gevolg van die voëlgriep wat die rondte doen, moes hulle die Pluimvee Skoumanklasse kanselleer. Daar is voortgegaan met die Wol- en Vleisskaapklasse, Suiwel- en Vleisbeesklasse, Angora-, Melk- en Boerbokklasse.
Met die betrokkenheid van borge soos Santam Landbou (Hoofborg Jeugskou 2017) Overberg Agri Wealth and Risk Management, Cipla/Agrimed, Landbank, Nedbank, AgriExpo, BKB en Veeplaas is ‘n jeugskou van hoë gehalte aangebied. Goeie beoordelaars het die kinders nie net beoordeel op reg en verkeerd nie, maar met positiewe kommentaar hulle help vorm en afrond.
Die Nasionale- en Wes-Kaap-voorsitter van die Jeuglandbouvereniging, Breyton Milford, is as ‘n gas ontvang. Hy is vergesel deur elf verteenwoordigers van die RASC (Royal Agricultural Society of the Commonwealth) wat verskillende landbougebiede se boerderye besoek het waar hulle Suid-Afrikaanse landbou kon verken.
Tans is tientalle top deelnemers van die Wes-Kaap Jeugskou-span besig om voor te berei vir hulle deelname aan die Nasionale Jeugskou in Oktober 2017 te Bathurst in die Oos-Kaap. Die deelnemers moet ‘n teoretiese toets skryf, hulle diere was, voorberei en skou. Die laaste been van die kampioenskappe is ‘n gesinkroniseerde Groepskou met drie diere en drie deelnemers wat saam skou. Die Wes-Kaap Jeugskouspan wen die afgelope elf jaar die Nasionale Kampioenskappe.
Bron: Jeugskou-organiseerder Swartlandskou

Junior Melkbok Skoumanklas: Kampioen Skouman – Leana vd Berg van Witzenberg, Reserwe Kampioen – Anrica Koegelenberg van Cederberg, Derde Plasing – Shane Vermeulen van Cederberg
Beoordelaars: Jan Olivier en Lourence vd Colff albei van BKB
Borg: Santam Landbou: Hoofborg

Junior Boerbok Skoumanklas: Kampioen Skouman – André Vermeulen van Cederberg, Reserwe Kampioen – Charl Conradie van Witzenberg, Derde Plasing – Daniël Conradie van Witzenberg
Borg: Santam Landbou: Hoofborg
Beoordelaar: Joubert van der Merwe

Junior-Junior Vleisskaap Skoumanklas: Kampioen Skouman – AJ Compion van Cederberg, Reserwe Kampioen – Willem Adriaan Engelbrecht van Cederberg
Borg: Henry Josephs van Landbank
Beoordelaars: Keith Coetzee van BKB en Lene Mostert
Biae geluk met ‘n uitstekende Artikel! Dankie aan Magdel en die hele Swartland Skou asook vir media soos julle wat die goeie stories van jeug in landbou versprei sowel as al die borge wat dit moontlik maak.
Groete,
Breyton Milford
Stefan baie dankie vir die geleentheid om blootstelling aan ons Jeugskou te gee. Ek waardeer dit opreg.
Dit is n plesier!