Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Isuzu KB 250 D TEQ verlengde kajuit: “Dis my bakkie daai!”

By 3 min read

’n Welbekende eksamenflater lui: “Wet van Archimedes: As ’n voorwerp in water gedompel word en na ’n halfuur nog nie weer te voorskyn gekom het nie, moet dit as verlore beskou word.”

’n Mens kan ewe wel sê: Wet van Suid-Afrika: As jy ’n voorwerp agter op ’n bakkie laat en dit is na ’n halfuur nog daar, dan moet jy weet jy is nie in Suid-Afrika nie.

Hierdie nare werklikheid was veral vir boere ’n kopseer – totdat die nuwe Isuzu KB 250 D-TEQ verlengde kajuit teen die einde van verlede jaar bekendgestel is.

Nou kan boere self die voordeel van hul inkopies in die dorp geniet: die verlengde kajuit het veilige, sluitbare pakplek in twee stewige, verwyderbare houers vir al die kleiner, steelbare items terwyl die bak steeds groot genoeg is om ’n volle ton vrag te dra.

Manie Potgieter, van die plaas Lekkerleven so tussen Viljoenskroon en Kroonstad, is ingenome met sy nuttige nuwe anderhalfkajuit Isuzu.

Hy en Ina se kinders is al groot en daar is nog nie kleinkinders nie, daarom gebruik hulle die bakkie vir sowel plaaswerk as ’n ge­sinsmotor – tipies Isuzu ry hy immers gerieflik genoeg met of sonder ’n vrag, maar tog is hy stewig en taai om sy man op die plaas- en slaggatpaaie te staan.

Manie het reeds in 1978 sy eerste Isuzu gekoop en hy is verstom om te sien hoe Isuzu telkens daarin slaag om ’n uitmuntende boerebakkie nog beter te maak – soos nou ook met sy KB 250 D-TEQ, wat afgesien van die nuttige anderhalfkajuit, die volgende opwindende eienskappe bied:

  •  ’n Kragtige 2,5 liter diesel­enjin met turbo-aanjaer, tussenverkoeler en drukbuisinspuiting, wat 85 kW teen 3 600 opm en 280 Nm teen 1 800 tot 2 200 opm lewer.
  • Hy is vinnig en het baie krag, meer as Manie se vorige gewone KB 2,5 wat op 375 000 km nog net so kragtig soos op sy eerste dag was en nie ’n druppel olie gebruik het nie.
  • ‘n Gemiddelde brandstofverbruik van 10,5 tot 11 km/l in harde werks­omstandighede wat baie stop en ry insluit. Vir dié tipe werk is enigiets bo 10 km/l baie aanvaarbaar, sê Manie.
  • Met sy kragstuur, gerieflike kontroles en eersteklas padhouvermoë bestuur hy oral baie lekker en jy word ook nie moeg op die langpad nie.
  • Hy loop hoog genoeg om die middelmanne te troef en met sy ewenaarslot stap hy maklik deur modder en sand – selfs in die Kalahari.
  • Sy lugversorger, elektries-beheerde vensters en syspieëls, kragstuur en cd-speler maak jou rit aangenaam en sy sentrale sluitstelsel, alarm en immobiliseerder sorg dat hy jou eiendom bly.
  • Die bestuurder en passa­sier word met lugsakke en kantstawe beskerm en sy gevorderde remstelsel sorg dat jy elke keer doeltreffend stop.
  • Anders as in die geval met ’n dubbelkajuit, kan jy jou Extended Cab se BTW terugeis.

Vir die boer wat sy bakkie as vragdraer, werkesel, kantoor en vakansievoertuig wil gebruik, is Isuzu se Extended Cab net die antwoord.

En vir dié wat nog meer krag en spoed wil hê, is die Extended Cab ook beskikbaar met ’n 3-liter dieselenjin (met ’n 4×4-opsie) of ’n V6-petrol­enjin van 3,6 liter.

Isuzu se Isuzu KB 250 D-TEQ Extended Cab is jóú ware boerderyvoertuig. Besoek www.isuzu.co.za of gaan kyk sommer self by jou Isuzu-handelaar.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment