Categories: NewsPublished On: 3rd January 2012

Inttrac:-'n-Strautmann-voermenger-vra-min-en-gee-baie

By 3 min read

“Ons het voorheen ander soorte voermengers gehad, maar ons sal nooit weer iets anders as ‘n Strautmann koop nie.” So gesels ‘n tevrede Rubie Redelinghuys, wat saam met sy pa, Ruben, ‘n melkery, stoetery, vleisbeesboerdery, landskaapboerdery en saaiery bedryf op hulle plaas, Bos-en-dal, tussen Heidelberg en Vereeniging.

Met al hierdie bedrywighede het ‘n boer nie tyd om met wederstrewige masjienerie te spook nie. Daarom het die Redelinghuyse die beste voermenger aangeskaf wat geld kan koop: Strautmann Verti-Mix, wat in Suid-Afrika deur Inttrac verskaf en gerugsteun word.

‘n Melkmasjien en ‘n voermenger is die twee masjiene wat vir ‘n boer 365 dae van die jaar sonder onderbreking diens moet gee, sê Rubie. As een van hulle staan, of nie sy werk ordentlik doen nie, is daar groot probleme.

Aan die Strautmann kan ‘n mens sommer sien dis ‘n masjien wat sy man deur dik en dun kan staan. “Dit is ‘n soliede masjien en die ouens wat hom gebou het, het reg ontwerp vir goeie diens en ‘n lang lewe,” verklaar Rubie. “Sy bakwand is heelwat dikker en hy het nie slytplate nodig nie. Hy meng vinniger en beter – en dit met ‘n ou klein trekkertjie teen luierspoed.”

Rubie vertel dat hulle nog nooit nodig gehad het om vir die Strautmann te wag nie. Wanneer hy klaar gelaai is en na sy aflaaipunt gery het, is die voer lankal deeglik en homogeen vermeng.

‘n Gelykvormige voermengsel is baie belangrik vir ‘n suiwelboerdery omdat dit verseker dat elke koei met elke bekvol presies alles inkry wat sy vir die beste melkproduksie nodig het. Verskeie boere, plaaslik en oorsee, se bottervetgehalte het aansienlik gestyg sedert hulle Strautmann-mengers gebruik.

Met die perfekte rondings van sy bak en sy vernuftig-ontwerpte awegaar, kerf en meng alle Strautmann-mengers alle materiaal, of dit nou ronde of blokkiesbale of kuilvoer is, deeglik, maar sagkens, sonder die verwringing en kneusing wat ‘n kenmerk van sommige ander mengers is.

Die Straumann Verti-Mix is in ‘n groot aantal modelle beskikbaar, van 4 kubieke meter tot die reusagtige dubbelawegaarmodel wat met sy 21 kubieke meter genoeg voer meng om tot 150 koeie per vrag te voer.

Die Strautmann Verti-Mix Double SF is ‘n selfloper-kuilvoeruithaler en voermeule, wat in modelle van 14 tot 20 kubieke meter beskikbaar is.

As Strautmann sê ‘n menger meng soveel kubieke meter materiaal dan word bedoel dat sy bak ruim genoeg is om dit te meng sonder om ‘n kriesel te vermors. Sommige ander vervaardigers verreken nie die plek wat die awegaar opneem nie en as jy hulle mengers tot hulle gespesifiseerde houvermoë laai, is hulle so vol dat materiaal tydens die mengproses oor die rand stort.

Die verspreiders van Strautmann-voermengers, -presisie-misstrooiers en -kuilvoerwaens in Suid-Afrika is Inttrac Trading, wat nou reeds 25 jaar lank net die beste landbouwerktuie en diens aan boere regoor die land bied. Inttrac het uitgesoekte en goed opgeleide handelaars regoor die land, sodat diens altyd gerieflik binne die boer se bereik is.

Ander staatmakerprodukte wat Inttrac verskaf, is Falcon-snyers en -bossiekappers, Vence Tudo-geenbewerkingmielie- en -fynsaadplanters en -mielieplukkerkoppe, Bandeirante-saadmengers, ‘n wye verskeidenheid grondbewerkingstoerusting en die vernuftige Orsi-kerwer waarmee boere sekelbos met stamme van tot 18 cm in spaanders verander om bosindringing te stuit.

Inttrac staan gereed met die produkte, die kundigheid en die diens om die boer se lewe makliker en winsgewender te maak.

Om te hoor waar die handelaar naaste aan jou is, praat met Dirk de Koster by 016-365-5799 of 082-566-1455; e-pos inttrac@cyberserv.co.za. Besoek ook www.inttrac.co.za.
 

Petrus Mphuthi (operateur) en Rubie Redelinghuys van Marsaranie Boerdery het rede om so breed te glimlag: na vier jaar harde diens is hulle Strautmann-menger nog steeds die vinnigste, deeglikse, doeltreffendste, duursaamste, betroubaarste menger met die kleinste trekkerkragbehoefte wat hulle nog ooit gesien het. Hulle begin nou daaraan dink om die menger se kerfmessies vir die eerste keer te vervang.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0