Interessante-wenk!
![]() |
Vandeesweek se wenk slaan ‘n prys los vir Krienkie Joubert van Kleinfontein. Dit is ‘n nuttige wenk om jouself reg te help spel. Sy skryf: “Ek onthou dat interessant een r en twee s’e het, want ek dra een Rok en twee Skoene.”
Dís nou ‘n interessant wenk!
‘n Boer maak ‘n plan en ‘n gawe boer deel daardie planne met ander sodat ons almal minder hoef te sukkel. Dieselfde geld die boerehuisvrou. Stuur jou plan of wenk, gemerk Boer-se-plan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om die boek, Bone-renaissance, van Engela van Eyssen te wen. Huishouwenke is ook welkom. As jy ‘n landbou- of huishouverwante probleem het wat jou grys hare gee, stuur dit ook, dan kyk ons of ons by die kenners ‘n oplossing vir jou probleem kan kry.