Categories: NewsPublished On: 2nd February 2012

Inenting-teen-slankdalkoors-noodsaaklik

By 1 min read

Cape-Wools  het ‘n dringende beroep op wolboere gedoen om hulle skape betyds teen slenkdalkoors in te ent. Boere word aanbeveel om die Kloon 13-entstof te gebruik.

Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye het in Desember verlede jaar reeds gewaarsku dat ’n nuwe uitbreking moontlik is. Dit is die gevolge van die La Niña-toestande wat heers oor Suid-Afrika van Desember tot Februarie. Die hoër as normale reënval kan ‘n toename in muskiete tot gevolg hê. Die slenkdalvirus word deur besmette muskiete na diere versprei.

Mnr Louis de Beer, bestuurder van Cape Wools, sê boere word aanbeveel om die Kloon 13-entstof  te gebruik. Studies van dié entstof is in samewerking met Onderstepoort, die Universiteit van Pretoria, die Nasionale Wolkwekersvereniging en ‘n privaat veearts gedoen. Daar is gevind dat die Kloon 13-entstof  baie doeltreffend is om die produksie van teenliggaampies in die diere te stimuleer. Dié entstof word ook onderskryf deur dr Bob Swanepoel, ’n wêreldkenner op die gebied van hemorragiese virusse.

Die Kloon 13-entstof  kan met veiligheid op selfs jong diere gebruik word, sowel as dragtige diere.  Jaarlikse inenting word aanbeveel.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment