Hy’s-hier-en-lus-vir-werk!-Toptrekkertegnologie-spesiaal-vir-SA-se-boere
S staan vir sukses en dit is presies wat Valtra se nuwe S-reeks-trekkers vir die boer belowe. S staan ook vir sterk, stewig en sinvol.
Vandag reken verstandige boere regdeur Suid-Afrika op Valtra-trekkers en Valtrac se legendariese diens.
En nou het die magtige Valtra S-reeks vanuit Finland hier voet aan wal gesit. Daarmee bied Valtrac Suid-Afrika se boere nou ook groot trekkers in die klas van 200 tot 300 kW, met maksimum kraglewering van 176 tot 250 kW.
Maar die S-reeks is nie net onstuitbare krag nie – hy is ook die toppunt van tegnologie om hom die veelsydigste en bruikbaarste groot trekker te maak wat die boer beter waarde vir geld bied.
Die S-reeks staan sy man deeglik by swaar sleepwerk soos ploeg en ander bewerkings waar trekkrag en vastrap die deurslag gee.
Hy blink ook uit met werktuie wat deur middel van driepunt-hysers agter of voor gemonteer word en met kragaftakkers aangedryf word. Daarvoor sorg sy kragtige hidrouliese stelsel, sy flink hysvermoë en sy gedugte kragaftakkers.
Sy agterste driepunthyser lig 12 ton en die opsionele voorste een 5 ton. Die hidrouliese pomp lewer 175 liter per minuut en daar is ses hidrouliese kleppe, waarvan een ook vanaf die agtermodderskerm beheer kan word om werktuie te koppel of te ontkoppel.
Tot tien bestuursfunksies kan met die druk van ’n knoppie gedoen word,insluitende in- en uitskakel van 4×4 en ewenaarslot, beheer van alle hidrouliese kleppe en hyserfunksie voor en agter. Dit kan ook so deur die bestuurder
geprogrammeer word.
Ook vir vervoertake blink die S-reeks uit om swaargelaaide sleepwaens ligvoets by hulle bestemming te besorg, of dit nou vragte mis of kunsmis in die lande is of vragte mielies of ander produkte waarmee hy teen tot 44 kmu teen 1600 opm kan draf.
Verdere goeie nuus is dat die S-reeks ook met Valtra se gesogte TwinTrac-kontroles beskikbaar is. Dit beteken dat die trekker se sitplek met beheerarm en al omdraai sodat jy ewe goed agtertoe as vorentoe werk vir toepassings soos kuilvoerkerwers en snyers.
Dink net: Met ’n Valtra TwinTrac en ’n Kemper-kuilvoerkerwer van Valtrac, sny jy kuilvoer net so vinnig en doeltreffend as met ’n selfloopkerwer, maar die res van die jaar het jy ’n baie bruikbare trekker terwyl die selfloper ledig in die skuur staan en paaiemente vreet.
Met ’n vol dieseltenk (690 liter, wat oorgenoeg is vir ’n hele dag se harde werk) weeg die trekker minder as 9 ton, maar ekstra gewigte kan, indien nodig, aangebring word om sy gewig van 10,5 tot 18 ton maksimum op te stoot. Hy draai knap en die hoë, gerieflike operateursposisie in die logies-ontwerpte kajuit stel jou in staat om oral te sien, alles maklik by te kom en die allerbeste uit jou wentrekker te haal.
Al die modelle het gevorderde, maar bewese, sessilinder AGCO Sisu Power-enjins met drukbuisinspuiting. Die enjin pleeg geen uitlaatgasresirkulasie nie, wat beteken dat hy 8 tot 10% minder diesel gebruik en dat sy enjinolie langer skoon bly. Die verkoeler hoef ook minder hitte uit te ruil sodat die enjin selfs wanneer hy hard werk koeler loop.
Die S-reeks se Valtra CVT outomatiese wissel-aandrywing (wat deur Fendt ontwerp is) maak sake vir die operateur maklik en sorg dat jy altyd presies die regte hoeveelheid krag vir die taak na die wiele oordra.
Jy kan kies of jy die verhoudings met die hand wil verwissel en of jy dit aan een van die twee outomatiese opsies wil oorlaat. Outo 1 is geprogrammeer om die beste en mees ekonomiese werkverrigting op die land of op die pad te behaal. Die operateur kan Outo 2 programmeer om spesifieke take of bestuursvoorkeure te pas.
Die S-reeks skakel sy vierwieltrek en ewenaarslotte vanself in wanneer dit nodig is. Jy kan kies of jy ’n starre vooras of een met ’n veerstelsel wil hê. Albei ry gemaklik, maar met die geveerde vooras kan jy by landtoestande aanpas of selfs die hoogte verstel.
Die S-reeks is ontwerp en gebou om 24 uur per dag te werk, en daarvoor het hy genoeg ligte om die nag rondom hom dag te maak.
Valtra se S-reeks munt uit as ’n sterk, betroubare, veelsydige, ekonomiese trekker aan die voorste voorpunt van die tegnologie. Voeg daarby Valtrac se noukeurige diens en begrip vir die boer se behoeftes, en jou Valtra
S-reeks-trekker kan vir jou boerdery nuwe horisonne oopmaak.
Vir meer inligting oor die toppunt in kragtige trekkertegnologie, praat met Hennie du Toit by 056-817-7308 of besoek www.valtrac.co.za.