Categories: NewsPublished On: 25th February 2011

Hygrotech-bied-volhoubare-oplossings

By 2 min read
430 words
Een van die tamatiekultivars wat by Hygrotech se boeredae bekend gestel is, is Alfar.
Hoër opbrengs en weerstand teen siektes is die twee begrippe wat op die groentesaadmaatskappy, Hygrotech se reeks boeredae oor en oor weerklink. Die maatskappy sê hy werk hard daaraan om volhoubare oplossings vir boere te bied en daarom moet plante gesond wees en produksie lewer. 
 
Clair is die jongste koningin in die soetrissiefamilie.
By die boeredae word daar belangrike inligting aan boere gegee oor die beskikbaarheid van nuwe kultivars maar ook oor die behoeftes van die mark. Verwerkers en handelaars weet wat werk en wat mense wil hê en of dit nou ‘n vlesiger tamatie, ‘n soeter suikermielie of ‘n warmer rissie is, die saadmaatskappy is die een wat moet sorg dat boere die regte goed plant en dat hulle die regte goed het om te plant. 
 
Die blomkool, Synergy is ‘n ideale somergroeier.
‘n Hele paar nuwe sterre het die aandag getrek op Hygrotech se proefplaas by De Wagensdrift naby Pretoria:
 
Onder die tamaties is ‘n nuwe variëteit bekend as Alfar. Dit is ‘n onbeperkte baster met uitstekende groei, groot opbrengspotensiaal en ‘n eenvormige voorkoms. Die vrugte is plat en rond met ‘n gemiddelde gewig van 150g en ‘n lang raklewe. Dit spog met ‘n volledige siektepakket en bied beskerming teen die meeste blaarsiektes en virusse. Boere kan ook navraag doen oor die SCX 824 wat in tonnels of oop verbou kan word en Degas wat vier tot vyf vrugte in ‘n tros het, ‘n lang raklewe en dik vrugwande.
 
Hygrotech se suikermielies is so soet soos … suikermielies!
Clair is die dame wat die aandag getrek het onder die soetrissies. Die plant bied uitstekende blaarbeskerming vir die vrugte wat in ‘n dieprooi kleur verander wanneer dit ryp is. Moet egter nie vergeet van die staatmaker Revelation vir winterproduksie nie. 
 
In die koolfamilie is African Sun ‘n goeie keuse vir boere wat deur die jaar kool verbou. Die pragtige blomkool Synergy het veral aandag getrek met sy stewige plante en koppe wat tot 1kg kan weeg. 
 
Hygrotech se suikermielies bly gewild vir die inmaak- en vars mark en die staatmaker in die stal is Rustico.
 
As deel van die ideaal om volhoubare oplossings vir boere te vind, het Hygrotech ook die laaste paar jaar baie navorsing gedoen oor plantvoeding en by die boeredae is ‘n volledige reeks organiese en biologiese bemestingsprodukte bekend gestel.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0