Categories: NewsPublished On: 29th June 2011

Hoenderstorting-word-ondersoek

By 1 min read

Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie (ITAC) gaan ondersoek instel na die storting van hoender van Brasilië op die Suid-Afrikaanse mark. Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging het die ondersoek aangevra namens drie groot produsente, naamlik Rainbow Farms, Earlybird Farm en Country Fair Foods.

Heel gevriesde hoender en ontbeende hoenderstukke is by die storting betrokke. Kevin Lovell van die Pluimvee-vereniging sê hulle werk al ‘n geruime tyd aan die aansoek. Hy sê hoewel die verkope van hoendervleis gestyg het, ondervind hulle lede ‘n verlaging in hulle markaandeel.

Die storting van hoender uit ‘n gesubsidieerde land soos Brasilië gee aanleiding tot onredelike lae pryse wat groot verliese vir plaaslike produsente meebring. Hy sê Itac het genoeg getuienis gevind om met ‘n formele ondersoek te begin. Die ondersoek kan egter etlike maande duur voor daar uitsluitsel is.

Mnr Lovell sê aangesien die pluimveebedryf die grootste enkele landboubedryf in Suid-Afrika is, kan ‘n positiewe uitspraak van Itac se kant af baie beteken vir die groei van die bedryf en gevolglike werkverskaffing.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment