Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Hoë-gehalte,-lae-prys:-FAW-is-die-trok-na-die-boer-se-smaak

By 4 min read
682 words

Die hoogste gehalte met die minste onnodige tierlantyntjies teen die redelikste prys – dit is FAW, die trok met die groeiende gewildheid wat reeds onder boere as die Fluks Aan’t Werk bekend staan.
 
En ook geen wonder nie, want FAW is die wêreld se derde grootste vervaardiger van vragmotors en sy vragmotors het reeds oor en oor bewys dat hulle Afrika se tier is. Hier in Suid-Afrika is FAW die boer se sekere manier om vee en ander landbouprodukte doeltreffend en bekostigbaar te vervoer.

FAW slaag daarin om die beste van alle wêrelde in hulle vragmotors saam te vat. ’n FAW-vragmotor het die minimum elektronika. Daarom is dit baie betroubaar, maklik om te onderhou en maklik om te gebruik. Die trokke is eenvoudig en sonder fieterjasies.

Die derduisende FAW-eienaars in verafgeleë gebiede van Angola, Tanzanië, Botswana en Namibië het nie tyd om met elektroniese probleme te sukkel nie, en Suid-Afrika se boere verkies ook ’n vragmotor wat hom nie deur onverstaanbare oorbodighede soos transistors en diodes laat stuit nie.

Daarby gebruik FAW net die beste tegnologie en materiaal om vir die eienaar jare en jare se goeie, betroubare diens te verseker. Die sleutel van hierdie onwrikbare betroubaarheid is FAW-vragmotors se bewese FAW- en Steyr-enjins.

In Suid-Afrika bemark FAW verskeie modelle wat vir die boer moeitevrye, bekostigbare vervoer beteken:

Model 7.130 FL is ’n stewige drietontrok met ’n turbo-aanjaer en tussenverkoeler en ’n enjin van 4,752 liter wat 96 kW teen 2 500 opm en 390 Nm teen 1 400 tot 1 600 opm lewer. Die totale lengte van die kajuit en onderstel is 6 932 mm.

Model 9.130 FL is ’n viertonner met dieselfde enjin en vyfspoedratkas as die drietonner. Sy kajuit en onderstel is 7 300 mm lank. Hierdie trokke is ideaal vir die boer wat ’n beperkte aantal beeste wil vervoer.

Model 11.140 FL is ’n sestonner met 104 kW enjin, ’n 6-spoed ratkas en 2 dieseltenks wat 150 liter hou.

Model 15.180 FL is ’n stewige sewetonner met ’n turbodieselenjin van 134 kW en ’n sesspoedratkas. Hy is beskikbaar met ’n onderstel van 6,2 of 7,2 meter.

Die bulperd waarmee die boer met vertroue ’n groot vrag vee of produkte kan aanry, is die 15-tonner 28.280 FL met sy dubbelagteras. Hierdie staatmaker met sy Steyr-enjin van 7,146 liter met interverkoelde turbo-aanjaer skop ’n gedugte 208 kW teen 2 300 opm en 1 050 Nm teen 1 400 opm uit.

Sy 9-spoed-ratkas se perfekte strekke sorg dat jy krag vir elke spoed en geleentheid het en met sy kragsteunstuur en ergonomies ontwerpte kajuit is bestuur pure plesier.

Sy dubbelkring-lugremme sorg dat jy veilig kan stop as dit nodig is, sy 300-liter dieseltenk bring jou ver voordat jy hoef vol te maak en sy stewige onderstel en betroubare veerstelsel sorg dat hy sy vrag soos ’n man dra sonder om die bestuurder moeg te maak.

FAW bied die boer meer as net vragmotors – hy bied ’n doeltreffende vervoerervaring. FAW-vragmotors word ondersteun deur ’n 24/7 ondersteuningsnetwerk met professionele handelaars wat regoor die land en in al die buurstate reg staan om diens te lewer.

FAW sal nooit die boer langs die pad in die steek laat met ’n vrag bulkende beeste of ’n bak vol bederwende plaasprodukte nie.

FAW se mense luister na wat Suid-Afrika se eie boere vra en pas hulle produkte daarvolgens aan. Dit geld ook vir die verskeidenheid bakwerke wat FAW deur etlike bakbouspesialiste laat maak.

Daar is R40-miljoen se FAWonderdele by FAW se aanleg in Spartan en elke handelaar hou ’n voorgeskrewe reeks onderdele in voorraad on te verseker dat elke FAW altyd Flink Aan’t Werk bly. “As ’n handelaar jou nie kan help nie, dan help ons van FAW se hoofkantoor af, maar ry sal jy ry,” verseker Richard Leiter, besturende direkteur van FAW.

Boonop het elke FAW-vragmotor’n waarborg van 12 maande of 100 000 km.

Maak ’n einde aan jou vervoerprobleme. Kom kyk self by Nampo na FAW se reeks vragmotors of besoek www.fawtrucks.co.za. Praat ook met Eugene van der Berg by 082-496-2825 of eugene@fawsa.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0