Hino wys tophandelaars aan
Goeie verkope en uitstekende naverkoopdiens het gesorg dat Hino Limpopo hierdie jaar met die louere wegge”ry” het in dié vragmotormaatskappy se handelaarskompetisie.
Hino Limpopo het onder die leierskap van Deon Viljoen 174% van sy verkoopsdoelwitte bereik. Dit beteken ‘n markaandeel van meer as dubbeld die nasionale gemiddeld.
Dr Casper Kruger, adjunk-president van Hino SA sê dit gaan nie net oor verkope nie. Hino Limpopo se werkswinkel in Pietersburg spog met goeie beskikbaarheid van onderdele en goeie “eerste-keer-reg”-diens. Hino Limpopo is ook in 2004 en 2008 as die beste handelaar aangewys.
Die beste klein Hino handelaar in Suid-Afrika vir 2010, was Hino Nelspruit. Die handelaar het R70 miljoen in ‘n nuwe Hino- en Toyota-sentrum belê en sy verkope met 210% opgestoot. Onder leiding van Brian Shrosbree het Hino Nelspruit ook goed gevaar met betrekking tot dienslewering.