Categories: MeganisasiePublished On: 23rd July 2018

Hino is ’n NAMPO-veteraan maar bly steeds nuut

By 2 min read

hino 1

Hino se reeks trokke wat elke vervoerbehoef-te van ’n boer bevredig, het vanjaar weer by hulle uitstalling by NAMPO gepryk.

Die gewilde, betroubare, waarde-vir-geld vragmotors van Hino het reeds net soos Hino se sustermaatskappy, Toyota, diep in die Suid-Afrikaanse boer se hart gekruip. Dit is die gevolg van 46 jaar se onbaatsugtige lojaliteit, eersteklas dienslewering en deurlopende vernuwings. Hino Japan verstaan ook die Suid-Afrikaanse boer se behoeftes en hulle taai en hardwerkende trokke is vandag onmisbaar op ons plaas- en plattelandse paaie.

Hino het vanjaar weer hulle staatmaker werkstrokke met swier op hulle standplaas by NAMPO uitgestal en die verbeelding en begeertes van boere wakker gemaak. Leslie Long, senior bestuurder: Produk- en Behoeftebeplanning van Hino Suid-Afrika, sê: “Vir ons is NAMPO ’n moet wees plek. Jy is deel van die boerderygemeenskap en ons is ‘n trokvervaardiger wat al jare trokke aan boere verskaf. Jy moet deel van hierdie gemeenskap wees en deel wees van hierdie ruggraat van Suid-Afrika.”

Hino het weer die grense en beperkings wat huidige tegnologie vir ons stel gerek om meer bakruimte, meer enjinkrag en meer gerief vir die boer te bied. Die Hino 500-wyekajuit is die nuutste toevoeging tot die Hino-trokreeks en is die eerste volledige modelverandering na 14 jaar. Dit het ook ’n paar leemtes in die Hino-reeks reggestel sodat daar nou so na as moontlik aan elke behoefte van die boer voorsien kan word. Die twee uitstaande nuwe kenmerke is die 6×4-aandrywing en ’n outomatiese ratkas in sekere modelle.

Ander skitterkenmerke is ’n opdraandehulpfunksie (hill assist), ’n groter en sterker alternator wat meer elektriese toerusting toelaat, ’n verbeterde insek- en stofskerm voor die verkoeler en enjin wat die moontlikheid van oorverhitting verminder, ’n vooras wat 7,5 ton kan dra, ’n semi-drywende kajuit wat bestuursgemak verhoog en ’n S-Cam-remstelsel met ’n selfverstellingsfunksie wat die remme se lewensduur verleng.

Hino se 500-wyekajuitreeks waarborg dat ’n boer of sy trokbestuurder vervoertake nou vinniger en met minder moeite kan afhandel.

Kontak jou naaste Hino-handelaar of besoek www.hino.co.za om meer oor die staatmakertrokke vir die boer uit te vind.

Hino is welbekend en steeds daartoe verbind om voer met hulle 700-reeks of watter model ook al benodig word, vir Boere in Nood aan te ry.

Hino

Leslie Long, senior bestuurder: Produk- en Behoeftebeplanning van Hino Suid-Afrika, glimlag breed langs die Dyna wat in ‛n kits personeel en toerusting op die plaas en dorp kan rondkarwei.


Die nuwe Hino 500-swaardienswyekajuit met sy dravermoë van tussen 10 en 13 ton, kan met gemak ’n trekker by sy bestemming aflaai.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment