Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Hilux:-Die-bakkie-vir-die-boer-wat-meer-wil-bereik

By 3 min read
606 words

Die nommerpas bakkie vir die boer wat verder wil ry, meer wil laai, meer plekke wil bereik en meer werk per dag wil doen, is Toyota se betroubare en gewilde Hilux.

Daarvan getuig die op-en-wakker Bloemfonteinse boer en sakeman, Marius Ek­­steen, en hy behoort te weet, want benewens ’n wildboerdery en voerkraal, is hy ook die aktiewe eienaar van DIY Superstore met sy onderskeie takke, agentskappe en gruisgroewe.

Hy reken op Toyota Hilux om daagliks gladweg, ekonomies en betroubaar tussen al sy belange te beweeg – dikwels met ’n gewigtige vrag.

Marius sou nie ’n suksesvolle boer en sakeman ge­wees het as hy swak aan­koopoordeel gehad het nie. Hy laat hom moeilik tevrede stel en net die beste waarde vir geld is goed genoeg.

Daarom kies hy al vir die afgelope 16 jaar slegs Toyota bakkies, verskaf deur die vriendelike, bekwame mense van Oranje Toyota in Bloemfontein.

Die jongste wenners in sy bakkiestal is drie 4 x 2 Toyota Hilux Hi-rider-bakkies met drieliterenjins.

Met uitgebreide, uiteenlopende sake- en boerderybelange moet ’n man elke dag gereed wees vir enige gebeurlikheid. ’n Belangrike sleutel tot hierdie gereedheid is ’n betroubare, veelsydige voertuig waarmee jy op kort kennisgewing uiteenlopende take kan verrig soos om vinnig en gerieflik na jou tak op Bethlehem te ry, ’n ver veiling by te woon, voer en lek aan te ry of ’n vrag onderdele in ’n gruisgroef in ’n rivierbedding te gaan besorg.

Marius ry vir sy sakebedrywighede daagliks die paaie vol met sy Hilux – vinnig, gerieflik en boonop met ’n voortreflike radio-straal­plaatspeler wat die siel salwe en die langpad kort maak.

Dieselfde Hilux loop ewe doeltreffend, maar ook gereeld, oor die klippe en deur die slote in die ruwe, bergagtige terrein van sy wildplaas in die Fauresmith-distrik.

Marius is baie ernstig oor sy wildboerdery en glo dat die teelbeleid van wild reg moet wees. Onbesonne bestuur en die knaende uitskiet van die beste aanteelmateriaal benadeel die gehalte van Suid-Afri­ka se wild dras­ties, maar die “stoet-”beginsels wat Marius in sy wildboer­dery volg het reeds tot gevolg dat sy blouwildebeeste byvoorbeeld gemiddeld 35 kg meer weeg as ander in die Vrystaat.

Met sy ewenaargrendel doen die Hilux in ruwe terrein dieselfde werk as baie ander boere se vierwieltrekbakkies.

Marius koop nie sommer enige beeste vir sy voerkraal nie en hy weier om enigiets ongesiens aan te skaf. Dit beteken dat hy dikwels met sy Hilux in die veld moet ry om beeste te bekyk en hy het nog nooit loop staan nie.

Marius gee toe dat die Hilux nie die gladste rit op die grondpad gee nie, maar dis omdat die Hilux ’n regte, pure hardwerk- vragdra­bakkie is. Laai maar ’n paar sakke meel of mielies op: hoe swaarder die vrag, hoe lekkerder die rit. En buiten­dien is ons land se boere nie sissietjies wat op verema­trassies wil rondsweef nie.

Marius se Hilux staan ook sy man in sy sand- en klipgroewe waarheen hy dikwels onderdele aanry of dieselkarre sleep. Sy sestienduimwiele stryk die sinkplaat grootliks uit die grondpaaie uit.

Alles in ag genome is die Hilux ’n mooi, gerieflike, betroubare bakkie wat lekker ry en waaruit Marius baie genot put.

Hierdie lekkerkry word ste­wig ondersteun deur Toyota se getroue nasorgdiens deur ’n wye reeks handelaars wat regoor die land regstaan om die boer deur dik en dun aan die ry te hou.

Jy kan ook meer bereik met Hilux. Praat vandag met jou Toyota-handelaar.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0