HERSKEPPENDE BOERDERY: Die toekoms van landbou

beef-4496875_1280
Die toekoms van boerdery berus op die toekoms van ons planeet. Een van die grootste bedrywe wat aan tegnologiese vooruitgang in die rigting van volhoubaarheid werk, is die landbousektor Die rede hiervoor is eenvoudig; Landbou maak staat op die natuurlike hulpbronne van ons planeet.
Hulle sê wanneer iets moeilik raak om te bestuur, moet jy terugkeer na die basiese beginsels en dit is presies wat herskeppende boerdery is om jou grond te laat terugkeer na sy basiese samestelling. Meer boere wêreldwyd wend hulle tot herskeppende boerdery aangesien dit die toekoms van landbou is.
Hierdie praktyk pak die kritieke uitdagings wat boere wêreldwyd in die gesig staar aan, met bykomende voordele vir die ontwikkeling van jou gewasse. Daar word beraam dat 33% van wêreld se grond verswak word. Herskeppende boerdery herbou verswakte grond deur die vermeerdering van organiese materiaal en mikrobiese aktiwiteit. Daar
word voorgestel dat hierdie praktyke jaarliks 5 tot 20% van globale CO2-vrystellings kan verreken om klimaatsverandering te help bekamp. Herskeppende boerdery werk oor klimaatstreke en plaasgroottes heen, en meng tradisionele kennis met moderne tegnologie.
Van kleinboerplase tot groot, gekommersialiseerde plase is dit aanpasbaar en vereis nie duur infrastruktuur nie. Anders as nywerheids-landbou, wat dikwels hulpbronne uitput, het herskeppende boerdery een duidelike boodskap: beter grond, sterker ekostelsels en veerkragtiger plase.
Wat is herskeppende boerdery?
Hierdie benadering tot landbou fokus op die herstel en verbetering van grondgesondheid, biodiversiteit en ekosisteme terwyl daar steeds gesonde gewasse verbou word. Dit is ՚n praktyk om omgewingskade aktief te herstel. Die sleutelpraktyke van herskeppende boerdery sluit minimale grondversteuring, dekgewasse, wisselbou, weidingsbestuur en verminderde chemiese insette in.
Alhoewel baie van hierdie metodes afsonderlik op plase gebruik word, kan die kombinasie die sleutel tot ՚n groter opbrengste en gesonder gewasse wees. Die idee is om koolstofsverliese te verminder, vogbewaring te verhoog, erosie te verminder en biodiversiteit te bevorder. Die gebruik van hierdie metodes kan ook lei tot plase wat meer bestand is teen klimaatsverandering terwyl kweekhuisvrystellings verminder word.
Hoe werk herskeppende boerdery?
• Deur na geen- of laebewerkingspraktyke toe te pas, behou jy koolstof in die grond, verminder jou brandstofverbruik
en behou grondvog. Deur swaar-ploegmetodes te vermy, bewaar jy jou grondstruktuur, voorkom erosie en beskerm mikrobiese gemeenskappe.
• Om gewasse soos klawer gedurende die afseisoen te plant, bedek jy jou kaal grond en voorkom erosie. Hierdie praktyk onderdruk ook onkruid, voeg voedingstowwe by en voed jou organiese grondmikrobes.
• Terwyl baie boere reeds wisselbou en diversiteit beoefen, is dit een van die doeltreffendste maniere van herskeppende boerdery. Deurt verskillende gewasse van seisoen tot seisoen af te wissel, kan jy plaag- en siektesiklusse verbreek, jou grondvoedingsbalans en veerkragtigheid verbeter.
• Organies is die regte pad en om kompos by jou grond te voeg kan jou grond se koolstof ՚n hupstoot gee en plantvoedingstowwe herwin.
• Jy kan grasgroei stimuleer deur rotasieweiding te gebruik, wat natuurlike kuddemigrasies naboots. Deur jou beeste in verskillende kampe te laat wei, laat jy ander kampe toe om te rus en te groei en dit dwing jou diere om die gras
wat beskikbaar is te eet, en nie net die gras wat hulle verkies nie. Deur jou beeste te skuif help dit om ook organiese materiaal in jou grond te trap en word voedingstowwe deur jou diere se mis versprei.
• Die hele idee van herskeppende boerdery is om terug te keer na natuurlike praktyke. Deur sintetiese kunsmis en plaagdoders te verminder en alternatiewe soos kompos of geïntegreerde plaagbestuur te gebruik, laat jy toe dat jou grond na sy natuurlike gesonde toestand terugkeer.Organies boer kan ook jou koste verminder en ՚n toename in bestuiwers en waterweë meebring.
• Landboubosbou is nog ՚n manier om jou plant- en grondgesondheid ՚n hupstoot te gee. Die integrasie van bome en struike verskaf skadu en windskerms vir jou plante en die diep wortels stabiliseer die grond en voedingstofsiklusse.
Hoe dit alles bymekaar kom
Dit beteken ՚n boer kan byvoorbeeld dekgewasse plant nadat hy mielies geoes het en dit die volgende jaar met sojabone afwissel terwyl geenbewerkingmetodes gebruik word. Met verloop van tyd sal die grond ryker word aan koolstof en voedingstowwe, meer water behou en ՚n uiteenlopende reeks plante, insekte en diere ondersteun. Dit lei tot verhoogde opbrengste en veerkragtigheid teen klimaatsveranderinge.
Met die klem op ՚n groener manier om dinge te doen, werk nywerhede regoor die wêreld aan tegnologiese vooruitgang om die planeet te red. Deur herskeppende boerdery te beoefen, kan jy voor in die proses wees.
Bronnelys:
https://initiatives.weforum.org/globalfuture-council-on-soils/home
https://www.theclimatedrive.org/actionlibrary/use-regenerative-practices-toreduce-agricultural-emissions
https://www.weforum.org/stories/2022/10/what-is-regenerativeagriculture/
https://regenz.co.za/resources/regenerative-agriculture-in-south-africa/
https://wikifarmer.com/library/en/article/the-complete-guide-to-regenerativeagriculture-benefits-methods-and-how-toget-involved