Hanley-is-jou-hoeksteen-vir-wilddienste
’n Blink toekoms wink steeds in die wildbedryf, maar dan moet jy die regte dinge reg doen.
Of jy ’n gevestigde of ’n voornemende wildboer is of maar net ’n paar stuks wild vir die mooiigheid wil aanhou, Hanley Wildlife Services op Messina staan reg met die regte raad, die regte wild en die regte dienste ten opsigte van wildvangs, wildhantering, wildvervoer en wildvestiging.
Die ervare en kundige pa- en seunspan, albei met die naam Lood Goosen, verstaan wild en werk flink, vinnig en doeltreffend om ’n goeie, eerlike diens vir goeie, eerlike kliënte te lewer.
Die twee Loods met hulle goed opgeleide span wildhanteerders maak sake makliker vir alle ander partye in die wildbedryf:
Die wildboer wat wild wil bemark, laat weet hulle bloot hoeveels stuks van watter soort wild hy aanbied. Hanley maak ’n prys, koop en betaal die wild, en kom vang en verwyder dit self op eie risiko.
Spoed en doeltreffendheid is baie belangrik om diere aan so min spanning as moontlik bloot te stel.
Die wild wat nie dadelik weer verkoop en aan die nuwe eienaars afgelewer word nie, word in Hanley se krale op Alldays gehou tot die veiling wat elke einde van die maand plaasvind.
Kopers van wild kan dit by Hanley bestel, uit die hand koop of by Hanley se maandelikse veiling op Alldays koop.
Hanley lewer die gekoopte wild teen ’n redelike prys fris en veilig by die koper af.
Die maatskappy spesialiseer in massavangste van tropdiere in die Bosveld met seile, plate en ’n laaiblad. Lood junior hanteer die helikopter asof hy in die ding gebore is en hy verstaan ook elke soort wild se maniere en nukke, sodat hulle geen kans het om hom te uitoorlê nie.
Hulle hanteer alle wild behalwe olifante, seekoeie, leeus en luiperds. Lood junior het al selfs krokodille gevang so reg in die tradisie van lok hom met ’n hoenderkarkas, spring op sy rug en woel sy bek met ’n tou toe voordat hy jou kan gryp.
Volgens Lood senior wend al hoe meer mense met kleiner grond hulle na duurder wildboerdery omdat dit so lonend is. Een buffelkoei is net soveel werd as 46 beeste wat baie meer eet, die veld baie meer vertrap en boonop wagters nodig het om hulle te versorg en op te pas. Daarom betaal dit die boer beter om met buffels te boer.
’n Ander gewilde keuse is die Livingstone-elande wat Hanley voorsien. ’n Livingstone-eland is meer bosluisbestand en aard baie goed in die Bosveld se bergwêreld waar Kaapse elande nie oorleef nie.
’n Goeie Livingstone-eland is tot R35 000 werd en dus ook ’n uitstekende keuse op kleiner grond. Hy word daaraan uitgeken dat hy rooi is teenoor die gewone eland se grys, dat hy strepe soos ’n koedoe het, swart elmboë voor en ’n V op die gesig.
Livingstone-elande kom van die Noorde af en het seker ’n bietjie verbaster, maar Hanley is besig om al die goeie eienskappe weer terug te teel.
Hulle teel ook swartwitpense en skoon buffels. Omdat dit so ’n omslagtige proses is om buffels te verskuif, verkoop hulle buffels gewoonlik per katalogus en laai dit regstreeks by die koper af.
Hanley behoort aan die “Wildlife Translocation Association”, wat die professionele vereniging vir wildvangers is. Die feit dat dieselfde kliënte jaar na jaar van hulle dienste gebruik maak bewys dat hulle hulle werk reg doen.
Of jy wild wil verkoop, koop, verskuif of vestig, die twee Loods van Hanley is die mense wat jou help om dit reg, lonend en sonder sukkel te doen.
Skakel Lood senior by 082-320-6575 of Lood junior by 082-320-6576 of Alet by 015-543-0258/07 of e-pos hanley@limpopo.co.za.